More dames
Hoe gaan dit vanoggend met almal? Wie het klagtes wie voel goed? Ek het nou sooibrand ontwikkel, eerste keer in my lewe en dis aaklig.
Ja 3xmom, dis regtig onrusbarend hoe pateties die dienslewering is in die land en dit vir iets wat mens gedwing word om al die jare te betaal of jy dit nou gebruik of nie.
Twinkle - jy behoort dan seker weer 'n foto te kry, maar ja, ek dink nie dis regtig die moeite werd nie, veral as mens self daarvoor betaal. As mens dit verniet kry is dit 'n ander storie. Ek moes betaal, want Kloof het nie die fasiliteite nie.
Ek het aan die begin van my swangerskap ook 2x infeksie gehad waarvan ek niks geweet het nie, ek voel niks nie, dit brnad nie, daar is nie pyn nie, niks snaakse afskeidings of enige iets nie, dan word ek net vertel daar is infeksie en ek moet nou die meds gebruik. Maar jou ondervinding met die infeksie klink baie scary jong! Moes jouself doodgeskrik het!
Hier is 'n boepie foto wat ek vanoggend geneem het, so dis 28w4d - blykbaar is vandag dag 200 van die swangerskap.
Lekker dag vir almal! Sterkte met die vreeslike hitte in die noorde van die land!