heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 7 months ago #255418 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ja dit is waar. Ek dink dis nou maar net overwhelming oor dit 'n kar en skooltjie in een jaar sal moet wees. Die skooltjie wat ek gekies het naby my werk is R2700 :ohmy: Ek is due vir 'n verhoging in April, en my man in Junie, hopelik is dit genoeg om die twee te cover!

Vanoggend was ek amper twee uur in die verkeer, so die skooltjie storie werk net so op my senuwees. Dit sal eenvoudig nou maar net die skooltjie naby my werk moet wees, want die skole naby my huis maak te laat oop en te vroeg toe vir my....hopelik is dit net nou dat die verkeerd so ekstra erg is, want dis mal! Dit vat my normaalweg n uur soggens, sug.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255415 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
moenie moedeloos word omdat jy uitwerk hoeveel jou baba jou kos nie. daar is nou nog mense wat hulle oe rek (en nou praat ek van kollegas en familie) wat weet ons is swanger met ons 3de. Jip dit is duur en gaan heelwat uit jou budget hap, maar dinge het 'n manier om hulle self uit te werk. jy sal sien, skielik gaan sekere dinge net nie meer belangrik wees nie. soos bv, ek was 'n fliek vlooi. ek sou elke dag gaan fliek het. nou is dvds net so fine so sekere uitgawes word skielik nie meer so belangrik nie.

Ek voel jou pyn met die skoolfonds. ek gaan die jaar R4120 betaal vir skoolfonds net vir Christo en Juandre. Die ene is nog nie ingereken nie... dan is dit nog nie die playball en ander extras ingereken nie...

en dinge gaan ook makliker raak wanneer daai kleinding groter word. doeke raak minder en hier van 'n jaar af word die melk ook minder. so dit is regtig net 1 jaar wat dit rof gaan met doeke en melk. wanneer hulle dieselfde begin eet as wat jy eet ens dan gaan dit baie beter. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255414 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek weet ook van 'n bybetaling ("birth levy") van R3500 wat ons moet betaal - bietjie kwaad vir die medies want omdat sy nog tot Maart ingekontrakteer is, betaal mense wat by Discovery en Fedhealth is nie daai fooi nie, die medies betaal dit - dis een van die redes hoekom ek gekies het om by haar te bly toe ek uitvind ek is swanger! So ekt dit ook in die brief vir die medies gese. Ek sal die ontvangsdame sommer e-mail ja, goeie idee. Wag net nog vir terugvoering van die medies oor my brief, want sodra hulle reply het wil ek my swangerskap by hulle registreer en my bed book, maar daarvoor kort ek inligting van die ontvangsdame, so sal dan sommer alles saam inn 'n email sit.

Sjoe, babas is maar duur, ek kyk nou ook hoeveel baba op medies gaan kos ens. Haar skooltjie gaan baie duur wees, duurder as wat ek op gebairgain het, en ons kort 'n nuwe kar ook nog. Ek voel dadelik sleg as ek so moedeloos raak want daar is mense wat smag na 'n baba, en ook mense wat minder as niks het nie. Ai, maar ek droom maar steeds skelm van die lotto ;p

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255413 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
hahaha jip, die gesiggie lyk nou nogal soos 'n alientjie. :P nee ekt nog nooit nie met een van die ander gegaan vir die anomaly scans nie. ek wou nie weet en onnodig stress indien daar abormaliteite gevind is nie. Dit was 'n keuse om net nee te se. so net 'n gewone scan vir ons :D

My gynae is nie ingekontrakteerd by ons medies nie. sy is ek dink net by Discovery. so met al drie het ek haar betaal, en terug geeis van die medies af. ek betaal nou R900 per afspraak en kry so R330 terug... rip off dink ek maar dit is darem iets.

Wat sy wel doen is die geboorte of dit nou keiser of normaal is word teen mediese fonds tariewe gelaai so daar gaan nie vir ons bybetalings wees nie, behalwe die paar rand wat jy betaal wanneer jy jou bed boek en dan het ons 'n R3500 betaling wat ons op 35weke moet betaal.

as jy nie jou gynae wil vra nie kan jy altyd haar ontvangs dame bel hulle het ook die inligting. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255412 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Cute jy het ook 'n alien'tjie ;p Was dit jou anomaly scan?

Myne het ook nie haar gesig gewys met my laaste scan nie, maar darem baie beweeg! Ek het nou nie eens met laaste scan gevra of dit steeds n dogtertjie is nie, maar ek neem darem aan mens sou kon sien as dit verander het in 'n seuntjie!

Ek is so deurmekaar met die medies storie....ek probeer min of meer uitvind hoeveel geld ons moet uithou vir as ons moet inbetaal, maar dis soos om water uit n klip te tap. My dokter is van Maart af nie meer by my medies nie (so ek mis basies uit met twee maande), maar ekt verlede week n kwaai brief vir die medies geskryf en gese ek is al oor halfpad en ek het my dokter juis gekies oor sy een van hulle service providers was, so dit is nou ongelukkig nie my probleem nie, hulle moet maar asb eenvoudig net steeds haar volle fooie betaal, ek gaan nie nou na iemand anders skuif nie. Dit het ook met 'n vriendin gebeur en hulle het toe darem betaal. Ek weet ook nie hoeveel my dokter vra vir normale geboorte en keiser nie (of val dit onder die hospitalization koste??), voel so bietjie awkward om haar dit te vra, maar as ek nie in tussen self regkom nie sal ek haar maar moet vra met my volgende besoek.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255411 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
more more!

Irene, Nee jong ons is op Medihelp. :(

Ons was vanoggend vir ons scan. gaan goed met boeta, hy weeg 410g en is baie rustig. hy was skaam om gesig te wys vanoggend, en het heeltyd agter die plasenta weggekruip. Maar hy het darem weereens bevestig hy is nog 'n seuntjie, so al pappa se hoop dat daardie gedeelte afgeval het en hy 'n sy geword het is nou daarmee heen :P

met my gaan dit beter vanoggend. minder moeilik maar bitter moeg. het die heelnag rondgerol en bitter min geslaap.

Ek sukkel ook om van my rug af weg te kom, as ek wakker word le ek op my rug... so nou pak ek kussings reg rondom. sodat as ek op my rug le dan le ek nie plat op my rug nie maar skuins.






julle moet 'n lekker daggie he!!

:heart:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255409 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Sjoe Zettie, goeie nuus maar ook hectic oor die slagaar-storie! Ek is nog sleg daarmee, ek le en lees op my rug in die bed :/ Sal maar probeer om op te hou daarmee!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account