heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 7 months ago #255077 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Haffie het jy my private msg gekry?

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255076 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi julle - dis my 22 weke foto van die keer....


Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.


Ek is baaaaaaaaaaaaie groter is laaskeer by 22 weke. Dis tien teen een te danke aan die feit dat ek nie maagspiere het die keer nie :blush:

Hierdie krummel is verskriklik besig. As ek gaan stil sit, manouver ons die hele wêreld vol en ek sukkel om te konsentreer met al hierdie aksie!

Wat van Joostenberg vlakte Deli vir 'n soortvan sentrale venue vir ons Kaapse tee? Daar is baie speelplek vir die wat rondhollendes het, en is net van die N1 af...

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255066 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
As ek sien hoe ver julle al met die kamers gevorder het voel ek, ek het nog niks gedoen nie....

Die kot en compactum is darem al in die kamer. En dan is my seuntjie se klere uitgepak en weet ek al wat ek sal kan gebruik vir Boetie, meestal net 3-6 maande en so 4 stelletjies van 6-12 . Nou toe ek uitpak eers gesien hoe "verniel" die 6-12 maande is die tyd wat daar geseil en gekruip was :-) . Het darem al die kombersies en handdoekies ook uitgepak. gaan beslis so 2 nuwe receiving blankets kry, 1 warm fleece kombers en n handdoek of 2. Voel darem boetie moet paar nuwe goedjies ook he.

Este dit is great dat jy darem nou vroeer kan klaar maak in die middae. Ek werk net halfdag en gister middag net weer besef hoe bevoorreg ek is om halfdag te werk. Die lekkerste slaap is en bly maar net daai 30min - 1uur in die middae ( ek kry dit nie eintlik reg nie aangesien ek besig en wakker gehou word deur n besige kleuter...

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255064 by Este
Replied by Este on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal!!

Is vandag 25 weke! Nou vlieg die tyd darem.

Skies twinkle, was so besig met werk se goed laaste tyd. Al is dit nog tydjie tot Mei maand toe sit en nou bedags by werk en probeer solank "uitfigure" wat ek als nog moet doen en in baba kamer moet gebeur. Elke keer dink ek eks halfpad oor die drimpel dan besef ek weer ek het nog eintlik baie te doen... Word dit ooit minder goedjies om klaar te kry voor baba kom? 9 maande gaan so stadig maar tog so vinnig om alles gedoen te kry.

3xmom wat praat van insomnia. Elke liewe nag klokslag 1h le ek wakker, en dan 3h word ek weer wakker van boetie'tjie wat besluit dit nou skop tyd. En teen 5h voel ek uitgeslaap.... So dink ekt al klaar my "share" van opstaan in nagte nou. Ek werk darem net tot 3h, so ek gaan slaap dan so uurtjie as by huis kom gewoonlik as nie goed het in dorp om te doen nie.

Sal ook een of ander tyd foto op sit. Almal vra my deesdae is ek seker daar nie twee in my maag nie... so neem aan ek dra baie groot vir die mense.

Die sooibrand kry my ook nou onder. Ek het nooit enige simptome gehad nie behalwe n migraine nou en dan maar nou dink ek maak die sooibrand op vir alles wat ek gemis het.

Lekker dag vir jul almal!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255062 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
aww dankie Twinkle! sjoe ek ek sal moet begin dink om my cover te vervang van my foon :blush: eish!

Ek voel by tye ook maar nog lekker vet. maar wanneer ek my maagie probeer intrek en hy nie wil ingaan nie is dit half 'n beter gevoel :blink: :silly: om te weet ek is nie net vet nie maar swanger :P .

Ek het met die swangerskap besluit om dinge baie anders te doen. Met Christo (oudste) het ek 30kg opgetel, ek het woes gegaan met eet en omdat ek 'n breeze van 'n swangeskap gehad het het niks my terug gehou nie. Juandre was bietjie anders omdat ek ook met sooibrand gesukkel het, met hom het ek nie so baie opgetel nie, omtrend 10kg wat normaal is. Maar intussen kon ek nooit van die vet ontslae raak nie, ek het met duromine begin en amper 'n maand nadat ek met dit begin het het dit net opgehou werk.. ek kon nie verstaan nie... tot ek uitvind ek is eintlik swanger (was toe al 9 weke - onwetend).

met die ene het ek sover nog net 2 opgetel, maar gaan regtig hard werk om al die gewig aftegooi na die tyd. my rug hou dit nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255057 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
3xMom jy het al n lekker swanger boepie... Ek voel met tye nog net vet... Sal probeer foto neem en stuur moet nog sonar fotojie ook op sit.

Zettie hoe gaan dit met daai dooie rot reuk? Ek weet presies waarvan jy praat kan nie dink hoe mens dit moet uithou as jy swanger is nie

MammaO BAIE sterkte vir more hoop sommer hulle help jou vroeg vroeg dat jou dag nie te lank gaan wees by die hospitaal nie. Gaan jy by daai selfde hospitaal kraam?

Andie gaan dit goed jy is darem maar vreeslik stil? Este Haffie julle ook stil?

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255055 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
more more!

sjoewee gister was 'n besige daggie, net gou gou inloer en hallo se!

Andie, hoe gaan dit met jou?

Hoop dit gaan goed met almal!! Ek het nie veel nuus nie. behalwe dat ek lately weer sukkel met insomia, het Sondag aand wakker gele van 11pm tot Maandag oggend 1:30 en weer vanoggend van 3am af. so klein bietjie paste en my sooibrand is met oorgawe terug. Eno tums werk wonderlik. en my gynae het gese ek mag adco medigel gebruik.

sjoe en dit is warm die laaste paar dae hier in pretoria, ek braai uit met die klein heatertjie hier binne my.

hoop julle daggie is awesome!!

:heart:

ps. attached is my boepie pic, vroeer vanoggend geneem sommer hier by die werk so sorry vir die background (nou nie die mooiste nie) maar tenminste het eke onthou :P
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account