Ekskuus Haffie, die first time mom nog baie dom, weet nie hoeveel van wat ons gaan gebruik nie. So gewoond alles hou net n maand dan moet mens weer koop.
3xmom- baie geluk met die goeie nuus. Dis darem great dat daai stres van mens se skouers af is. Weet hoe jy voel, dis glad nie lekker om so te worry nie. Wys net weer, net vertrou en alles sal uitwerk soos dit moet.
Ook se almal se pensies lyk net te pragtig. Ek voel al klaar soos n olifantjie en kan voel het ekstra gewig want kry rug pyne. Het gisteraand so bietjie op my treadmill begin loop, baie stadig. Nie regtig vir die oefening nie, meer vir die geirreteerde bene en bloedsomloop. Spatare is erg in my familie en het klaar tekens. Het heeltemal ophou oefen toe ons uitvind is swanger en kan voel al die spiere begin te hang. Was wel dood moeg na 12 min se stap sal vanaand mik vir 15min.
MO- baie sterkte met die scan vandag. Is nie lekker om so te wag nie, maar om kleintjie te kan sien is 100% die moeitewerd.
ML begin ook nou te dink dis dogtertjie, maar dis nog vrek moeilik om naampies gekies te kry, ek spot al gaan kleintjie piet pompies noem. Ek het al n hele lys van meisie name. Ondervind jul ook moeilik om afrikaans name te kies of is dit net ek?