heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 7 months ago #255177 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More julle. Ek het gister nou net kortliks gechat want ek was op my foon heeltyd...

Ek is ook nie een vir familiename nie, en die pressure was erg op my sou dit 'n seun wees, want ek is gereeld vertel my man en sy pa, en al die ander pa's voor hom het dieselfde naam wat generasies lank al saamkom. Ek moes mooi sê ek is jammer, maar 'n seun gaan nie daardie name hê nie. Eersterns, wil ek nie vir pa of seun roep, en altwee kom aangehardloop nie en tweedens, dis vir my bietjie unfair... Sê nou daar is 2 seuns en eerste een het pappa se naam, nou kom arme tweede een nou moet hy ook 'n spesiale familienaam kry wat ek iewers sal moet gaan uitkrap, en dit sal nog altyd nie so spesiaal soos PAPPA se naam wees nie... Nee wat ek spaar liewer enige hartseer/verwyte...

Ai, ek moet gaan vir daai horrible glucose tolerance toets :sick: ... My suiker was gister "borderline" (6.7), en hulle is bekommerd oor my BMI meer as 30 is... Hulle het afspraak geskeduleer vir Vydag, 6 Feb, maar ek het skoon vergeet ons is weg volgende week, so moet nou weer teruggaan om dit te verander...

Daar was gister 'n vrou by die hospitaal met gestational diabetes. Sy is maar 30 weke en hulle moet vandag keiser want haar baba weeg al 4.4kg! Eina, arme babatjie se longetjies mos nog nie reg nie... Ek gaan doen liewer daai horrible toets en kry dinge onder beheer vir babatjie se onthalwe. Sy doen so goed, ek wil haar onder geen onnodige druk sit nie...

Nou ja, ek babbel baie om op te maak vir gister se kort updates... :silly: Hang in there almal, dis darm Donderdag vandag... More VRYDAG! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255171 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
hahaha! jip ons van is darem 5 letters lank. moet maar opmaak daarvoor. Familie name is natuurlik uit by ons. Ek het net van die begin af gese ek wil nie die familie name ding doen nie. so ons het daardie tradisie heeltemal nou uit die weg geruim aan ons kant.

die seuns se niggies in Amerika het ook nie familie name nie. dink dit is iets wat nog net by sekere families vassteek.

Ons ouers was baie gemaklik en heel tevrede met ons besluit om nie die familie name te doen nie. Want ek weet regtig nie wat ek met al die johannesse, gerhardusse en karls sou maak nie. :blink: of die petronellas, frederikas en hesters...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255170 by Gogga
Replied by Gogga on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ja ek het ook gesukkel met afrikaanse name. Ek verkies ook lang sterk name met goeie betekenis. So ons seuns het albei 9karakte name en van met 4karakters...lol...die naam moet seker opmaak vir die kort van....hahahahahha.

Me 33
DH 31

Got married on 3Nov 2012

BFP 11 Des 2012
Miscarriage 22 Jan 2012(Blighted ovum)

BFP 14 April 2013
EDD 20 December 2013
Birth of Alexander 11/12/2013
4.11 kg

BFP 24 Oct 2014
Beta#1 1053 (24/10)
Beta#2 4682 (27/10)
Due Date 20 June 2015

File Attachment:

Notes:
File Attachment:


File Attachment:


docs.google.com/spreadsheets/d/1DaygNR_S...9JIqf-oF2R0sK1I0LAlf

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255169 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ag dit is goeie nuus dat sy darem al bietjie beter voel. Ek het dieselfde nierpyp ontsteking gehad in 2012. dit is nie lekker nie so ek voel baie jammer vir haar wat nog swanger by dit is ook.

Sal aan haar bly dink! :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255168 by Gogga
Replied by Gogga on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek het gister ogg vinnig met Andie gechat. Syt gesê sy voel beter maar dis nog seer.

Me 33
DH 31

Got married on 3Nov 2012

BFP 11 Des 2012
Miscarriage 22 Jan 2012(Blighted ovum)

BFP 14 April 2013
EDD 20 December 2013
Birth of Alexander 11/12/2013
4.11 kg

BFP 24 Oct 2014
Beta#1 1053 (24/10)
Beta#2 4682 (27/10)
Due Date 20 June 2015

File Attachment:

Notes:
File Attachment:


File Attachment:


docs.google.com/spreadsheets/d/1DaygNR_S...9JIqf-oF2R0sK1I0LAlf

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255167 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Aww MammaO bly dit gaan goed met jou kleinding! en dat jy darem nou kan "chill"! :)

HBWoman, dit is regtig baie goeie nuus ons is baie opgewonde daaroor! :D
Oor jou vragie met die placenta encapsulation, eish, ek weet nie of ek dit sal doen nie. dit is net bietjie te vreemd. ek het ook so rukkie terug op een van die maternity programme (dink dit was op TLC) so iets gesien, maar vir my is dit net grillerig.

Ek het ook gesukkel met Afrikaanse name, veral iets wat mooi is en nie net plein is nie soos bv. Koos. Ek het die ding, dit moet 7 letters lank wees. en dit moet 'n goeie betekenis wees. Ek google ure lank voordat ek iets kry wat dalk goed klink of mooi genoeg is. Sover het ons Armandt (die naam wat ek gedroom het) ek vermoed dit gaan stick.

ML begin nou twyfel of dit regtig 'n seuntjie is. hy vra my gister of eergister wat ons gaan maak as dit 'n dogtertjie is. toe se ek vir hom dis ook ok. gelukkig het ons nog nie veel goed gekoop nie, so die beddegoedjies kan vir 'n dogtertjie ook werk (het dieselfde winnie the pooh as wat - ek dink Andie- gehad het) ons het dit gekry met Christo se geboorte en dit is nog baie mooi. en neutraal want die is geel. Ek is nog nie te erg gestress oor die kleur van die baba goedjies nie. Dink dit is omdat ons nie 'n kamer het wat ons kan regmaak vir baba nie. Sal later as baba 'n kamer kry daaroor stress.

Gepraat van Andie, het iemand al iets van haar gehoor oor hoe dit met haar gaan?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255159 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Klaar by die hospitaal en nou gaan ek bietjie chillax. Sjoe dis sulle harde bankies waarop mens sit! Gaan goed met baba :) Lyk nog altyd soos 'n dogtertjie en sy weeg nou 382g :) So cute! Het haar een handjie en vingertjies so mooi duidelik gesien :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account