heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 7 months ago #255021 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Cute Dolla, dis oulik dat sy kon saamgaan!

Oor die verf, ons gebruik Evolve se verf, mens moet dit so in die blik koop, hulle kan dit nie meng of byvoorbeeld 'n sample gee nie. Ai jai jai. Ekt nou die verskaffer se website gekry, ek sien hulle dui winkels aan waar dit verkoop word, sal nou nou bietjie kyk en bel. Ek is al erg gatvol vir Builders Warehouse, hulle diens is regtig baie swak, niemand lyk juis lus om te help nie en kan nie vir jou se wanneer die verf sal opdaag as mens dit bestel nie.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255020 by DollaD5*
Replied by DollaD5* on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More Dames,

MammaO sterkte met die hospital besoek die week...ons hoop die weer speel saam en dis nie te warm woensdag nie.

IreneL - Ek was die naweek self opsoek na verfkaarte en lap ens ens...toe het die man by Dulux paint centre gese as ek materiaal kry en daar is 'n kleur wat ek dan wil gebruik as verf kan hy dit vir my meng om dieselfde te wees. Dalk as jy die ou blik saam neem kan hulle vir jou dieselfde kleur meng.

O ja...ons het die hartklop gehoor en sussie was so verbaas oor hoe vining 'n babatjie se hart klop. Hierdie week staan ons sterk op 26weke #stillgoingstrong

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255019 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
My dokter het gese dat omdat my telling toe normaal was toe sy my vinger geprik het, sal sy eers weer toets as ek oor 4 weke gaan. As die telling abnormaal was sou sy my laat stuur het vir daai verdere toetse, maar dit was toe nie nodig nie.

Die kamer is so blouerige kleur....ek dog dis mint, maar toe ons dit verf kom dit so blou uit, haha. Maar dit lyk mooi so ek gaan dit so hou!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255018 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Irene - ek sal weer so bietjie fotos neem as die houtkot nou heeltemal aanmekaar is en die los mat in is. Dan is die kamer heeltemal klaar. Watse kleur het julle geverf?

Dis nie dat jy 'n kas gekry het, mens kan nooit genoeg pakplek in 'n huis he nie!

Jammer oor die glukose in die uriene, maar moet jy nie nou maar die glukose toleransie toets laat doen nie, siende dat jy amper 24 weke is?

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255017 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ag ja ek dink ook ek wil gaan vir die scan, ek kon claim vir 'n scan wat ek nie gedink het ek sou kon voor claim nie, wil dalk nou daai geld vir 'n 4D scan gebruik.

Ilse jy moet weer fotos van die kamer opsit. My man het ook die kamer geverf die naweek. Dit kort nog 'n laag, nou kry ons nerens daai kleur verf nie, arg!!!! Sal vandag bietjie op die internet kyk. My man het ook die kot opgeslaan - dis ietwat baie groter as wat ek gedink het, hahaha, staan die hele muur omtrent vol, dis maar 'n klein kamertjie. Oh well. Ekt 'n ou kas in ons stoorkamer ontdek wat vorige eienaars daar gelos het. Een van daai outydse kaste. Ek dink hulle het dit ook vir 'n babaskas gebruik want binne-in is baba-plakpapier geplak. Ek gaan nou sommer dit gebruik vir my babakas, spaar geld en dis juis die tipe kas wat ek hou he. So my man moet dit hierdie naweek vir my uithaal sodat ek kan kyk of ek dit moet afskuur of verf.

PS, hoop Andie doen al beter! Weet nie of ek dit genoem het nie, maar met my afspraak Vrydag het die dokter glukose in my uriene gekry (tmi!!!) en moes toe my vinger prik om my bloed te toets (eeeek)...was darem aan die normaal kant, maar nou sal ek definitief moet ophou om die chocolates in te ryg...gaan moeilik wees want ek het een hengse soettand en dis nou selfs erger, ek wil heeltyd paaseiers eet. Maar ja, ek wil ook nou nie twee keer 'n dag my vinger prik nie, so sal nou maar moet ophou en probeer keer dat dit nie erger raak nie!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255015 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal!

Hoe was die naweek gewees?

Irene - dit is een wat ons net self wil doen vir die fototjies :-). Ons het ook gewik en geweeg, en toe besluit om dit wel te doen - almal se dis die moeite werd ;-)

MO - shame jong, Weonsdag gaan 'n baie lang dag wees en dis glad nie lekker om sulke dae te he terwyl mens swanger is nie! Ek hoop ook regtig dis 'n scan, behoort te wees siende dat jy 20w is.

Verder het ek nie juis nuus nie, haar kamer is so 95% klaar. Ek het oor die naweek ook al haar besittings in die kas gepak. Te blerrie cute!

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255011 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
MammaO, dit sal seker darem 'n scan wees? Hoop so!

Ilse, ek sien jy gaan in Feb vir 'n 4D scan....is dit een wat aanbeveel is deur dokter, of is dit iets wat julle self wil doen? Ek oorweeg dit sterk om ook vir so scan te gaan rondom 28 weke, so nuuskierig om te sien hoe baba lyk.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account