heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 9 months ago #254950 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
EK nou so lekker gesit en lees, het selfs sit en notas maak hehe.

IreneL - oor die hospitaal sak. Ek voel jy kan nooit te vroeg pak nie. Met my eerste swangerskap was ons glad nie prepared vir al die hospitaal besoeke nie. Ek toe besluit met hierdie een gaan ek prepared wees. So toe ek uitvind eks verwag toe word die sak gepak.

Hierdie is my lysie van wat ek nou gepak het

2 x stelle slaapklere + Japon
Slippers
Handoek en waslappie
Gewone sakkie met normale toiletries. Ek net vir my wet wipes ook ingesit asook dry shampoo, dit was nogal handig as jy nie kan stort vinnig nie.
Lip Ice
n boek
Borsel
en laaste net n sweetpak met plakkies en tank toppie.

Ek het n lysie op die yskas gesit vir ML wat hy moet pak na die tyd soos

Twee punt PLUG (NB belangrik, hospitale het dit nie)
Charger
Ipad ens

Ek het ook n aparte lysie gemaak wat nader aan die tyd ingaan, soos my geboorte plan etc

Ek het ook lysies, as jy meer inligting soek laat weet my dan sal ek my lysie vir jou stuur.

Oor die oop knoop toppie. Dolla jy kan gaan kyk by Pep het hul blykbaar, maar ek het besluit om vir my proper breastfeeding toppies te koop wat ek in die hospitaal gaan dra. Gaan kyk hier daarna www.peekamoo.com/productCarton.html.

Dolla die UIF betalings is baseer op persentasie van salaris, hoe meer jy verdien hoe minder persentasie kry jy uit. Die wissel tussen 37% - 58% ( give or take a percentage) van jou salaris. So dit bly die moeite werd. Elke bietjie help. Ek gaan ook onbetaalde maternity vat en stres maar ook so bietjie. Maar is positief ons sal fine wees.

MammaO - is darem lekker om nou te kan aftel na vakansie. Almal verdien die breuk.

IreneL- ek soek net so skooltjie. My lys van wat ek wil he is te lank en ML se ek gaan moet ingee op sekere goed maar ek weet darem nie. By ons boek die dagmoeders so vinnig vol jy moet kleintjie se naam n jaar voor die tyd al op sit. Hoo maar ek kry iets

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254949 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Twinkle, laas was nie so erg nie, maar daar was niemand na my nie. Hierdie keer het iemand sit en wag- so dit het haar dalk beinvloed? Ek het ook dalk te veel vrae gevra... Sy was nie ongeskik nie, het net so vinnig deur als gegaan dat ek skaars kon byhou.

Babylonstoren ook great vir die kinders!!

Twinkle waar presies bly jy? Ek is net buite Klapmuts.

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254945 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek is in Philadelphia/Melkbosstrand area en ook in vir tee.

Ons gaan eers volgende Saterdag weg, maar ek tel al af - hehehe. My man het 'n week verlof ingesit en ons gaan bietjie Vanrhynsdorp toe, maar ons travel so langs die kus af, gaan Saterdag en Sondag kamp so halfpad tussen ons en Vanrhynsdorp, en dan weer die volgende naweek oppad terug. Weet iemand van lekker kampplek in St. Helena baai omgewing wat nie te duur is nie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254943 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Skuus julle

Haffie toe ons by dr S was met 12 weke het alles so rustig gevoel ek het vir ML gese ek kan nie onthou dat sy so rustig was met ons seuntjie nie. Baie mense se sy is vreeslik kort af ek kwaai maar ons het dit nog nooit ervaar nie ek gaan weer mid feb na haar toe.

Julle moet maar kyk en laat weet re die tee date. Moet dalk iewers iets doen soos by Weltevrede carnival waar die kids ook kan speel aangesien my seuntjie heel moontlik saam my sal moet gaan.

Julle moet die dag en naweek vreeslik geniet!!!

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254941 by DollaD5*
Replied by DollaD5* on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More aan al die mooi dames!

Sooooo bly dis vrydag! Ons gaan more verf kies vir sussie se kamer en ook kyk vir gordyne. Ek is baie opgewonde dit maak alles net meer werklik.

Haffie ek is bly die scan het goed afgeloop! Ek is in vir daardie koffie date (al drink ek nie nou koffie nie...LOL). Ek is in Durbanville as daar dalk van die ander mammas is wat wil join.

Lekker daggie vir almal en prober maar onder die aircon bly...my kantoor is vandag die plek om te wees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254940 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hello julle

Haffie bly dit gaan goed met kleinding. Was jou eerste afspraak net so gejaag by Dr S?

Ek is ook in op tee ek is tussen die wynlande Paarl, Stellenbosch en Franschhoek

Ek is oppad sal later inloer....

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #254938 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
more Haffie! hoop jy voel al bietjie rustiger?

Awww, dis lekker om daai lyfie op die scan te sien. ek kan nie wag vir die 3de nie!!!

oja, het vergeet! eks vandag 19 weke op die kop!!! nog 1 week en eks halfpad :rock:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account