heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 7 months ago #254900 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Middag almal, ek is so moeg vandag, sleg geslaap. My brein kan nie afskakel nie, die mission om vir baba 'n skooltjie te soek is nou al 'n obsessie by my. Ekt nou een naby my werk gekry (ek bly te ver van my huis af om baba daar in skool te sien, ek sal nooit smiddae teen 17:00 of 17:30 daar wees nie). Plekkie wat ek gekry het lyk baie oulik, net jammer dit is Engels. Ek is 'n taalpraktisyn so ek weet hoe belangrik moedertaal is by die ontwikkeling van kleintjies ens, maar nou ja, dis nou maar so. Die skoolhoof is darem Afrikaans. Kan altyd op sy 3 of 4 jaar kyk of my situasie nie verander het sodat ek kleintjie dan naby my huis in Afrikaanse skool kan sit nie. ANYWAY. My man gaan nou ook vanmiddag na skooltjie kyk - hulle het nie baie plek nie, so ek wil vroegtydig maar 'n plek book. Dis nog laaaaaank voor sy sal moet gaan, maar ek stres my nou al dood oor dit, so laat ek dit liewers agter die rug kry. Ek hoop my man is ook tevrede, want dis letterlik 400m of 500m van my werk af.

Elke geval, wil net weet, kan iemand vir my verduidelik wat braxton hicks kontraksies is? Het iemand hier dit al ervaar (ek verbeel my iemand het dit wel genoem)? Ek is nou 22 weke, amper 23, gisteraand was ek nogal ongemaklik, my maag het heeltyd gevoel of dit styf getrek is, weet nie mooi hoe om te verduidelik nie, vandag is dit weer reg. Net gewonder of dit dalk die braxon hicks kan wees, maar ek kon nog nie 'n website kry wat die gevoel lekker verduidelik nie.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254899 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
O ja Dolla - wou jou nog antwoord oor die Doppler. Dit wat hbwoman nou gese het is baie waar. Dit vat vrek baie geduld. Ek het eers hier teen 19 weke haar begin hoor, het elke week sedert 9 weke probeer luister.

Partykeer nou nog sal ek begin luister, dan hoor ek haar dadelik, ander kere vat dit my 10 of 15min om haar te vind en dan partykeer is sy so moedswillig dat sy sommer vinnig weer wegdraai of iets, dan hoor ek niks meer nie. Gebruik ook baie van die jellie.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254898 by Gogga
Replied by Gogga on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek dink ook die geskenkie idee is goeie idee...kom ons gee al die nuwe skool mammas kans om by te kom. Laat weet hoe jul dit wil doen.
Omtrent die doppler...dit is maar moeilik...veral so vroeg...en om dit self te doen,manlief doen dit gewoonlik terwyl ek le en relax. Babas se hartjies is so klein.
Ek kan nie wag om klein Reinhardt se bewegings te voel nie,ekt vir Alexander op 18weke gevoel...so dis om die draai.

Me 33
DH 31

Got married on 3Nov 2012

BFP 11 Des 2012
Miscarriage 22 Jan 2012(Blighted ovum)

BFP 14 April 2013
EDD 20 December 2013
Birth of Alexander 11/12/2013
4.11 kg

BFP 24 Oct 2014
Beta#1 1053 (24/10)
Beta#2 4682 (27/10)
Due Date 20 June 2015

File Attachment:

Notes:
File Attachment:


File Attachment:


docs.google.com/spreadsheets/d/1DaygNR_S...9JIqf-oF2R0sK1I0LAlf

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254897 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hallo almal

Dankie vir almal se spreadsheets en allerhande raad oor doeke en dinge.

Twinkle, indien ek moes UIF eis, dink ek sou ek dit nie self gedoen het nie. Ek kan nie dink dat dit lekker is om in daardie rye te staan nie - sterkte!

Ja beslis, kan nie lank staan of sit nie. Voel asof mens se stuitjie afbreek en die pubisbene oopskeur.

Wat is fout Haffie - maar hormone of oor boeta skooltjie toe is?

Lagogies - die geskenkie idee is in beginsel oulik, maar ek weet nie met die poskantoor hoe prakties dit is nie en koerier is baie duur?

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254896 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More Dames, Hardloop soos los kop hoender rond. Wens ek kan my werk op datum kry. Twee hande nie genoeg nie.

Dolla - die raad vir die doppler is geduld. Ek kon al op 12 weke hartkloppie hoor met myne, maar dit was baie sag gewees so moes self wonder of ek die hartkloppie reg het. Het weer die naweek probeer en so frustreerd geraak ek het vir ML gegee wat meester van geduld is toe kry hy die hartkloppie en sommer baie duidelik. Le plat op jou rug, relax sit oor fone op en begin op een plek dan hou jy stil en luister as daar niks is nie dan beweeg jy weer so klein bietjie en luister weer. Ek kan nou al vir jou se dat jy 1 cm die doppler kan skuif dan die hartklop weg. dis baie touch and go.

Eks game vir die geskenk.

Ek wil ook deur iemand UIF doen, maar ML se ek gaan geld mors en hy wil dit self doen. Ek kry nie eers tyd om my id te gaan verander na ek getrou het nie en dis al meer as n jaar. Ai. sal maar sien wat ek gaan doen.

Dankie vir almal se opinie oor die doeke. Help vreeslik baie.

Lekker dag almal. Laat ek weer multitask bos gaan.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254895 by Lagogies
Replied by Lagogies on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Met die geskenkie idee het ek ook gedink so Maart. Dit geen n kansie vir recovery na Des en Jan.....dis hoekom ek gese het oor so maand of wat;)

Ek het destyds my klerke gestuur. Nou werk ek permanent en het nie meer praktyk nie.Hehe dink ek moet vir Manlief stuur. B)

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254893 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Sterkte Haffie hoop jy voel sommer gou beter ...

Het op n stadium oorweeg om self te doen maar ja dan sit die "vuil" my af van die kantore. Bleikbaar nie so besig in paarl nie maar ai ek gril so vinnig vir "labour department" moes al daar gaan sit het en het skoon vuil gevoel toe ek daar uitstap.

Ek het ABC Of UIF gebruik met eerste ene ... dink hulle sit in Irene en was daai tyd R500 ...

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account