heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 8 months ago #254824 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
ok, ek het hom uit geprint gekry en ingevul. sal sommer vir ml vra dat ons vannaand by baby city stop.

julle, ek kry nie koffie of tee in my liggaam van die begin van die swangerskap af in nie. maar ek het nou so lus gehad vir 'n koppie gewone tee en dit was hemels.... ek maak sommer nog ene :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254822 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal

Lyk asof dit heel goed gaan met almal.

Dankie vir die BabyCity link, ek het dit nou uitgeprint. Ek het ook lankal vir die pick n pay ding geregistreer, maar nog nie my voucher gekry nie.

Ek het so op 17 weke myself verbeel ek voel so een of 2x iets, maar toe niks weer nie en toe hoor ek ook my plasenta sit voor. Op 26 Desember was ek so 90% seker ek het vroegoggend ietsie gevoel, maar toe die aand van 28 Desember (22w1d) toe voel ek haar soos in beslis, vir omtrent 'n halfuur wat sy besig was. Dit was so erg dat pappa ook kon voel. Sedertdien voel ek haar elke dag ten minste een keer, maar nogsteeds nie so vreeslik gereeld nie.

Ja, my planne was/is om so laat moontlik te werk, maar ek dink nie ek gaan dit maak nie. Sal baie bly wees as ek van begin Feb af dalk van die huis kan begin werk en net 1-2x week inkom werk toe en dan van begin Maart se kant met siekverlof te gaan. Dan sal my kraamverlof begin op die dag wanneer sy gebore word. Dan vat ek 4 maande betaalde verlof, 1 maand verlof en 1 maand onbetaald en dan wil ek net so 5 ure 'n dag werk wanneer ek terugkom, tot ten minste so Januarie volgende jaar voordat ek weer voldag werk.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago - 11 years 8 months ago #254821 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Sjoe my ouma het 'n stel van daai poppies gehad van sulke teeny tiny kleines tot so huge een. Seker 8 of 10 van hulle! Ek het altyd te lekker gespeel met hulle as ons gaan kuier het!

Het vanoggend so bietjie my kleertjies uitgepak wat ek sovêr het :) Kom nogal oraait aan so vêr :)

Ek het 2 seuntjie hempies wat ek vir iemand wil gee as ons nou bevestig dis 'n dogtertjie... Ek het lankal strokies daarvan verloor - dit was geskenkies gewees wat dit nooit na die persoon toe gemaak het nie en nou is haar seuntjie te groot. Die Mickey mouse een is 3 - 6 Maande en die explorer een is 6 - 12 Maande...

Eerste foto is kleinding se kleertjies sovêr, tweede foto is die 2 seuntjie hempies
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254820 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
ek het hom gesave gekry van die foon af dan sommer mail myself toe, vandaar behoort ek dit darem kan uit print. dit het nie op die app gewys nie, maar wel op die mobile site.

dankie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago - 11 years 8 months ago #254819 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
3xmom- kyk of jy dit file kan oop maak

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254818 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
gists sjoe dan moet ek wikkel. sal eers vannaand kan aftrek (kannie fb access van die werk af nie) ent op my foon

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254817 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek nou so lekker gelag vir MammaO se post oor ML se kommentaar. Ek kom nogal heel duidelik agter dat al ons ML's nogal dieselfde kommentaar en reaksies het. So myne is nie so weird soos wat ek gedink het nie hahaha .

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account