heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 7 months ago #254892 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Twinkle,

Ek het met Christo deur Little Miracles gegaan, en geen probleem gehad nie, met Juandré het ek besluit om braaf te wees en dit self te doen, groot fout, jy sit in lang rye en tussen siek mense met 'n pap klein babatjie, die omgewing is ook nie altyd so skoon soos jy dit wil he nie, hulle voel 'n veer vir jou en wys jou weg vir die geringste klein dingetjie, hulle gee nie al die info deur nie. Met hierdie ene sal ek eerder weer deur 'n agentskap gaan.

MammaO,

ek sukkel ook om gemaklik te raak na 'n rukkie, ek het juis ook vanoggend daaraan gedink toe ek so lekker gemaklik op die stoel gaan sit dat ek nie eens meer soos 'n dame sit nie, maar soos die manne... :blush: Sondag in die kerk ook. nou probeer mens maar, maar dit is ongemaklik jong! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254891 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hallo almal. Jammer ek is so stil. Ek is 'n bietjie van 'n emosionele train wreck die week...

Mamma Olifant - ek het letterlik nounet ook gedink aan die lam boude toe ek opstaan!!!

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254889 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
O JA ... Het julle al besluit of julle self UIF gaan doen of deur n agentskap gaan werk?

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254884 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Lagogies, dis reg. As myne pienk bly en joune bly blou dan stuur ek die hempies vir jou aan.

Ek is ook in vir die geskenkie ding :) Dis 'n baie oulike idee maar dink ook ons gee kans vir die Skool mammas om al hul goedjies te betaal.

Vind julle ook deesdae julle kan nie vir lank in dieselfde posisie sit nie? Ek raak vreeslik gou lam in die boude, en as ek op my bed sit en werk dan lock my bene soms in posisie dan moet ek vreeslik stadig weer probeer opstaan/posisie skuif... Dis soms vrek pynig!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254883 by DollaD5*
Replied by DollaD5* on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Goeie More aan al die oulike dames!

Ek het gister 'n fetal dobbler gekoop. Ek het baie hard probeer maar kon nie sussie se hartklop hoor nie.

Nou wil ek weet...gebruik enige van julle so iets, indien wel...hoor julle die hartklop. Ek dink sy le weer met haar boude na die wereld toe maar tog behoort dit seker nie so 'n groot probleem te wees nie.

Wat doen ek verkeerd?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254881 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hello

Hoop dit gaan goed met almal ...

Haffie jy is vreeslik stil ... Geniet vanmiddag se scan.

Julle ek het iewers in die nag wakker gele en aan iets gedink wat ek wou vra - nou kan ek glad nie daaraan dink nie ... weet net dit is iets wat ke nie kon onthou dat dit al hier bespreek was nie

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #254879 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi Julle

oor die doeke,

Met die seuns het ek net vir die eerste ruk New born gekoop tot hulle groter was en dan gespring na nr 3 daar het ons vir lank vas gehak en toe gespring na 4 met christo het ek 'n paar 5s gebruik. ek het regtig nog glad nie nr2s gebruik nie want ek het gevoel die kgs oorvleuel so ek kon net so wel nr 3s koop wat toe groter pakke was vir dieselfde waarde was.

maar moet ek ook se ek het klein babas gehad. Christo was met geboorte 2.98kg en 46cm en Juandré was 2.49kg en 45cm. so met Juandre was ons langer by die nr 3s en 4s. en met die skool se potty training het ons die pull ups gebruik om die idee van onderbroekies te skep.

ek hou nogal van jou idee van die geskenkies, Lagogies, maar gee my net so biejtjie kans om eers net deur Januarie en Februarie te kom. die skole soek nou geld vir baie dinge. het die naweek gehoor daar is nog hordes goed wat bygekoop moet word wat nie in die stationary sak gekom het nie. moes juis gisteraand R60 uithaal vir 'n puzzle en einde van die maand is dit weer voorraad gelde by die kleuterskool en registrasie vir playball en computer klassies vir Juandre. ek behoort weer ok en op die been te wees in maart.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account