file September 2010 mammas

16 years 2 months ago #67045 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Welkom terug by Tegnologie H!

Hel, ek wens ons het sulke lekker shops soos Canal Walk!

H, ek het 2 pakke Maternity pads gekoop toe ons in Durban was...jy sal nie glo nie, maar hier is GLAD nie in Richardsbaai nie! Ek het ook van Carriwell se Hospital Panties gekoop. Weet nie hoe effektief of lekker die goed gaan wees nie. Ek sal ook maar gewone pads aanskaf. Weet ook nie lekker watter nie!

Ek het vir my 2 paar winter pj's gekoop vir die hospitaal, maar gaan ook vir my somer satyn pj's koop vir ingeval. Ek het geleer dat satyn beter is as jy 'n keiser kry. Jy kan dan makliker beweeg. Veral op en af van die bed af. Dis ook basies al waarin ek nou lewe! Moet nou nie die fout maak wat ek gemaak het nie...gaan koop Large pj's vir die hospitaal...toe besef ek dat ek nie die boep gaan he as ek dit begin dra nie...sussie gaan dan al uitgehaal wees! Ek het dit vinnig gaan omruil vir 'n Medium.

Touch wood...ek het darm nie rugpyn nie, en ook nie swelling nie. Izibella gee sulke mean skoppe dat ek haar voet/of whatever dit is wat sy inwedge kan voel. Sy het nou alweer gedraai.

Hanlie, ek hoor jou met daai skons idee! Yummy. But ek pick nou maar my battle met die sooibrand versigtig. Dis soms net nie die moeite werd om te eet nie, veral nie as ek weet watse mean sooibrand wag nie!

My bokkies is terug in die Baai! Weet net nie wanneer ek hulle eindelik te siene sal kry nie.

Anyway, lekker aand vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #66860 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
hallo julle

Sjoe ek het so bietjie tyd weg van computers gehad,daarom dat ek so stil was....bly om te hoor dit gaan nog goed met julle almal!!

Wel aan die kant gaan dit maar aan....moet se ek sukkel vreeslik op die oomblik....my rugpyn het begin en slapelose nagte....kan nie meer behoorlik omdraai nie, en ek waddle ook nou....en my magie bly styf en peanut beweeg nou al so dat ons dit op my maag kan sien....en ja Cornitalia....peanut het ook nou al 'n roetine van 9 uur in die aan af is ons wakker!!

Het gister 4 ure in die winkels (Canal Walk) rongeloop, het darem nog so paar goedjies aangeskaf.....ek sukkel om iets te kry vir die hospitaal....wat gaan julle aantrek....hoor die mense dra nie meer regtig pj's nie....wat gaan julle doen????

O ja, girls ek het nog raad nodig....maternity pads???? wat maak dit anders as ander pads....het nog nooit pads gebruik nie...watter koop mens....???

anyway......my craving nou on top of die McDonald McFlurry's in nou scones met aarbeikonfyt.......en ek het nou ook begin gewig aansit......aai tog.......!!!!

julle moet 'n lekker middag verder he

Han

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #65858 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Thanx C, sal jou definitief laat weet.

Gister se Durban trippie was meer exhausting as wat ek gedink het!

Die afspraak by die prokureur het goed afgeloop. Nou nog die hofsaak die 19de, but die saak gaan heel moontlik uitgestel word. Hopenlik skrik die ex so groot hy trek die saak terug. Ek bid regtig so. Above all, bid ek net vir regverdigheid.

Gister het ek so goor gevoel, snotneus, seerkeel, eina ore. Darem voel ek vandag beter, kan wraggies nie nog 'n sarsie griep hanteer nie.

Ek is soooo moeg vandag! Ek is wil net sit en huil van moegheid. En so naar ek kan doodgaan. Hoe meer ek aan DH try verduidelik dat ek nie wil eet nie, hoe meer dring hy aan daarop. But julle sal verstaan, ek kan kos net nie in die oe kyk nie.

My liewe moeder en stiefpa het ons verras deur vir ons die pink swing te koop en 'n pienk doughnut. Shame, dis regtig nice van hulle.

Ek het uitgevind my babyshower is die 24ste Julie. Kan nie wag nie! Gaan so lekker kuier saam al my maikies.

Julle moet 'n lekker dag he!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #63686 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Eileen ek het hier in centurion van daai gesien. As jy wil sal ek vir jou koop en stuur? Ek moet vir my ook gaan koop.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #63457 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
C, ek is 'n NUK fan, veral as dit by dummies kom.

Hulle het ene wat saam met 'n 'cover' kom. Maar om 'n pienk ene ini hande te kry is 'n storie en 'n half! Geel, blou en groen is oral.

Ek hou van die plain pienk dummies. Like nie die prentjies op nie, want dan pas dit nie by haar klere en kombersies nie.

Nutty, I know....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #63391 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Eileen watter dummies soek jy?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #63146 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Hello almal!

Ag ek het sommer net crap geslaap gisternag!

Maar vanoggend het my gorgeous man my verras met 'n nuwe Guess handsak! Dis ons 2de Huweliksherdenking vandag! Gotto love that man!

Gaan hom vanaand verras met 'n ete by 'n spesiale plekkie.

Ek is nou suf gedink...besig om al my dokumentasie ens reg te kry vir more se prokureurs afspraak.

Natsie, moenie alleen voel nie, ek moet more R1200 betaal vir 'n uur konsultasie by die prok, en dan about R10 000 vir die hofsaak die 19/07. O en moenie vergeet van die dok se fooi met die keisier nie...R1420.....jippee!

Ek het gister 6 receiving blankets gaan koop....dit het my nagmerries gegee dat ek nog nie het nie! Hehehe control freak...ek weet! O, en uiteindelik die dummy gekry wat ek gesoek het...moet nou nog 2 iewers opspoor!

Hoop julle het 'n lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account