file September 2010 mammas

16 years 2 months ago #77108 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Hallo julle,

Wel ek is vandag aan die koek bak vir my man se werk want dit is my verjaarsdag more en hulle wil sien of ek kan bak.
Hulle is n klomp grapgatte ek dink gaan meer oor hulle wil ook verjaarsdag koek he.

Ek moet se ek kan nie te veel kla nie Maureen skop my laat ek weet maar nou ja dit is ook so lekke om te weet sy is daar. My vel is baie droog en ek hou maar die room naby laat ek kan smeer voor ek juik.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77066 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
Nats! Ek het ook gister so gevoel, sommer getjank oor alles! En vanoggend voel ek great, fisies, en emosioneel.

Ek het nog 35 dae oor! Jy moet jou 40 days vier, soos in Matriek!

Izibella is 'n besige bytjie vanoggend! Skop die hele tyd teen die tafel vas.

DH was so cute gisteraand, elke keer as ek hulle roep om haar te voel skop, skop sy vir haar sussies, but refuse om haar pa se hand te skop....ek het nogal begin worry daaroor, dat hy nie seergemaak of left out voel nie. But hy het met 'n ander teorie vorendag gekom...sy love pappa se hand so baie dat sy dadelik rustig raak.....that's his story and I'll back that one!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76958 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Goeie more julle, hoe gaan dit vandag? Wowie nog net 40 daggies dan is klein Micah hier, kan nie meer wag nie! Hormones driving me crazy dat ek einlik party dae lekker vir myself lag! Nou wil ek ook nou lag vir myself gister het ek gevoel ek kan net nie meer 1 dag verder loop nie en sommer begin huil omdat ek so crap voel en vandag dink ek dis nie so erg nie ek sal survive! lol wat wil ek nou eitlik hê of hoe wil ek eintlik voel?

Ja Lulu die kindertjies is so onskuldig jong aai sou ook so lekker gelag het. Net soos my sussie se een dogtertjie, my seuntjie se verjaardag partytjie was Saterdag en toe hulle sy persent vir hom gegee het sê sy mos nou vir hom Jean ons het vir jou 'n groot kar gekoop! Wowwie hoekom het julle dit dan toe gedraai? lol

Eileen hoe gaan dit met jou ma?

Julle moet die lekkerste daggie hê vandag! *Sounds like I got it all this morning lol*

Hahahahaha

Mooi bly

Hugs

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76855 by LuluC
Replied by LuluC on topic Re:September 2010 mammas
More julle, is nie so gereeld op die site nie, maar loer darem net so nou en dan in om te sien hoe dit gaan.

Kyk ek kan nou nie meer wag vir boetie nie, ons het besluit sy naam gaan Ruben wees, maar het nog nie my BS gehad nie en het soos in niks nie, my dogtertjie se pienk goed gaan nie lekker werk nie, en haar bottels wat ek gebruik het was my suster se tweeling sin en hulle wil nie meer lekker toe maak nie,so ek sal dit ook moet kry, so die naweek maak ek my lys en sal dan sodra ek my BS het (ek dink dit is die einde van die maaand)sal ek die goed gaan koop wat ek wel nog nodig het!

Ek het laasweek so gelag, my skoonsuster se seuntjie (is nou 7) het vir my gesê, weet Tannie wat, my ma en haar vriendinne gaan vir Tannie 'n verassing hou, my skoonma het hom amper bygekom want hulle wou nie hê ek moet enigsins weet dat hulle vir my 'n BS gaan hou nie, maar toe sê hy, ek het mos nie gesê watter verassing nie, ons het so gelag!!!

Skies ek weet nog nie mooi wanneer almal van julle se datums is nie, maar my bed is sover geboek vir die 17de Sep, sal seker beter weet as ek die 5de Aug weer dok toe gaan.

Julle moet almal 'n vreeslike lekker daggie hê, en sterkte vir almal vir die laaste paar weke.

Tata

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76506 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Ag toggie Eileen dit is uiters bollie! Dink aan julle.

Wil maar net hi sê en dat die wag nou net nie meer so lekker is nie vandag allerhande funny pains en stuff dink boetie het besluit om te sak hy het mos laas week Maandag gedraai voel regtig of hy nou erg laag sit al van gister af!

Verder gaan dit goed ek dink ek het dit uit gefigure wanneer my BS is, my sus en my ma het datums gepraat en toe sê hulle al twee 31 Julie gaan die beste wees maar dalk is dit net om my af te gooi maar daar is nie meer so baie naweke oop nie my sus se dogtertjie se partytjie is die naweek so dit los die naweek na dit en die naweek van die 31ste en die naweek na dit verjaar my ander sus en na dit dink ek nie ek sien kans vir 'n BS nie.

Jul moet jul daggies verder geniet.

Hugs

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76370 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Aai Eileen,

Ek voel vir jou....wat kan nou nog verkeerd gaan??

Waar bly jou ma, het sy darem iemand naby om haar te help?

Dink aan jou

H

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76332 by PinkMommy
Replied by PinkMommy on topic Re:September 2010 mammas
H, ek voel nou nog erger!

My ma se kar is pas gesteel!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account