file September 2010 mammas

16 years 6 months ago #15612 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hi Cornitalia

Welkom, of soos jy kan sien die Afrikaanse thread gaan maar stadig, maar ons sal daar kom.

Ek is van die Kaap, bly in Muizenberg. Dit is ook ons eersteling, en ek sal Vrydag 21 weke wees.

Sterkte vir jou Fetal Assessment, dit is die mees amazingste ding ooit, ek en my man het trane in ons oë gekry, die volmaakte klein dingetjie hier binne my. Ek het myne gehad op 14 weke, al my score was baie hoog, so die dr. het gesê ons hoef nie weer 'n groot scan nou te doen nie.

Gaan julle uitvind of dit 'n seuntjie of 'n dogtertjie is? ons het darem gisteraand op 'n seuntjie naam besluit, so darem is ons reg vir enige een as die die tyd kom.

Lekker om te chat

Hanlie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 months ago #15550 by cornitalia
Replied by cornitalia on topic Re:September 2010 mammas
Hello Dames,

Lekker om in Afrikaans te kan gesels. Van waar in SA is julle?

Dit is my en my man se eersteling en ek is 21 weke vandag ek gaan more vir my fetal assessment by Pretoria Oos Hospitaal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 months ago #15540 by Hanlie
Replied by Hanlie on topic Re:September 2010 mammas
Hi Natz,

Dit is nogal lekker om in afrikaans te gesels ne! My dokter is ook engels so dit is soos jy se mens kan jouself nie altyd so lekker uitdruk in engels nie.

Wel dit is baie exciting vir ons, dit is ons eerste enetjie en glo my ons kan nie wag nie, ek het vanmiddag weer deur baby city geloop en net alles met die oe gekoop. ek het oor 5 weke, vir 5 weke vakansie, so dan gaan ons alles kry vir peanut se koms, ons noem vir baba peanut omdat ons nie gaan uitvind voor die tyd of dit 'n seuntjie of 'n dogterjie is nie.

Dit is ook die eerste kleinkind aan my man se kant so die excitement loop hoog.

Ek moet se sover is ek nog gelukkig met die gewig, soos ek gese het, het ek nog niks opgetel nie, het nog net verloor, maar dr. se dit is gesond, ek en my man gym saam so hy motiveer my baie...swem is baie goeie oefening.

so staan sterk en gesels enige tyd met my ek sal jou moed inpraat as dit pla.

Micah is n baie mooi naam, ons het sover op twee dogtertjie name besluit, maar nog sover kon ons nog nie seuntjie name kry wat vir ons reg is nie...dit sal ook eers bekend gemaak word as ons weet...so ons hou die familie en die vriende aan die dink.

lekker om met jou te gesels, praat gou weer!

lekker aand

Hanlie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 months ago #15030 by Natsie
Replied by Natsie on topic Re:September 2010 mammas
Hi Hanlie

Shoe so bly ek kan bietjie afrikaans chat, kan myself net nie so goed in engels uitdruk nie en somtyds los ek maar dit wat ek wou se omdat ek net nie meer lus is om te dink hoe gaan ek iets vandag weer stel nie.

Ek love nogsteeds die engelse thread gals.

Ons verwag baba nr2 ons eerste seuntjie Jean word Julie 4 en moet se hy kan gladnie meer wag vir sy boetie Micah om gebore te word nie! Ek is vandag 22 weke en 3 dae. Micah word 24 August gebore as dit nie 'n keiser babatjie was nie sou my tyd eers 4 September gewees het.

Ek onthou met eerste swanerskap was alles so nuut en tyd het nie gepla nie omdat ek nie geweet het wat vir my wag nie en ek was seker maar bang ens so wag was fine, met die een, goodness die tyd kan net nie vinnig genoeg verby gaan nie ek wens soorvan die tyd om dit is die lekkerste gevoel om jou nuwe lyfie vir die eerste keer vas te hou en daar is absoluut niks om voor bang te wees nie, die lekkerste tyd van 'n mens se lewe! Glo vir my en sodra daardie bondeltjie nie meer skop en in jou maag is nie mis jy dit.

Sal my nie glo nie het al 6kg op getel ma shhhht dit is vreeslik erg baie baie erg! Om dit erger te maak ek is oorgewig en kan dit nie regtig bekostig nie, met baba nr 1 het ek 180kg geweeg, sal julle se dit was vreeslik baie baie erg toe het ek vir 'n gastric bypass gegaan en tot nou 70kg verloor voel soos 'n ander mens ek weet ek is nog baie oorgewig maar ek voel goed.

Chat weer later

Mooi daggie

Nats

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 months ago #14957 by Hanlie
September 2010 mammas was created by Hanlie
Hallo julle,

Ek is maar nog nuut op die site, het solank op die Engelse thread van September Mommys begin chat, maar dit sal lekker wees om met afrikaanse mammas ook idees te deel, ek is maar nog 'n nuweling, ons is 'n splinternuwe mammma en pappa to be, ons peanut word op 17 September gebore! So dit beteken ek is nou op 20 weke en 4 dae.......

saam met dit gaan klere wat nie meer pas nie, darem het ek nog nie gewig opgetel nie, dr. sê alles lyk goed, dis net die magie wat groei, gym werk ook.....vir my!!

so kom september mammas join my!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account