More more dames,
Het gou opgevang.
Wow, Strik en Drix, julle kan omtrent chat op een bladsy !!!!!
Morgs, sien, jou mos gese jy gaan 'n goeie mamma wees. Is jy darem al weer terug by die huis?
G, sjoe weet nie wat in jou melk is nie, maar hou so aan, boeta het lekker gewig opgetel. Bly om te hoor dit gaan goed daar by julle.
Blessed, sjoe jy het my laat skrik toe ek hospitaal sien, maar ek is bly julle twee is ok. Sterkte !! Wees nou maar net rustig.
Klippie, whooooooohoooooooo vir die gesond eet. Jou lyf gaan nou deur ontrekkings simptome gaan vir garage pies....lol.
AFM: Ek het gisteraand met peetkind weer gesukkel met eet, maar na hy gesien het hy gaan nie wegkom nie, het hy maar klaar geeet. My boetie, vrou en baba was ook vir 'n klein rukkie by ons, ek het vir Janco na voeding aan slaap gesus, dit was lekker !! Gaan probeer om 'n movie met peetkind na werk in te pas.
Julle moet 'n GREAT dag he, dis lekker koud hier by ons vanoggend, al skyn die son. 'n Regte Wintersoggend.