file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 5 months ago #12075 by Kriek
Ha ha G, los hulle, my pa se altyd, dis kieme wat siek maak en nie koue nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12072 by G Baby
ansatjie darem nou lekker gelag vir jou jong!!!!
Hormone hormone,ons arme vroue,aand die begin van my swangerskap was my vel ook baie lelik,maar ek moet bieg lyk nou baie mooi,so vlekkie hier en daar maar darem puisie vry.
My kinders speel nou wragtig in die modder,hoe's dit vir verder siek word. En hulle skreeu bloumoord as ek hulle wil uithaal.
Nou ja nou moet hulle maar aangaan,sal seker more dan trippie dr toe maak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12071 by Kriek
Dis omtrent stil, dalk moet ek ook so bietjie werk, he he, maak ook net op die stadium of ek besig is

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12067 by Ansa_S
Kriek jy weet ek is baie kort, en as 'n skoolseun my nie ken nie, en hy sien hierdie vel van my gaan hy dink hy kan 'n move maak op my want ek lyk soos 'n tiener met my vel!!! En dis wildsfees die naweek by ons so my man gaan dink hy het die jackpot geslaan om saam 'n jong meisie te wees!!! En dan gaan die realiteit hom tref soos 'n nat snoek dat hy eintlik met 'n vrou getroud is wat 6 jaar ouer is as hy ha ha

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12063 by Ansa_S
HAAAAAAAAAALLLLLLLLLLLLLLLLOOOOOOOOOOOOOOOo almal, waar is julle vandag!

Paisley kry oor 'n halfuur haar swemmertjies!!!!!!!!!!!!!!!!!!! IS so super super opgewonde vir haar!!!!!! Swem sperms swem, swem sperms swem......

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12062 by Kriek
Ek weet hoe jy voel, as ek sulke puisies kry dan wil ek iets oorkom, sulke dinge moenie op my ouderdom gebeur nie. he he. My hormone is net so deurmekaar die maand, Af was langer en deurmekaar (het nog steeds op tyd op gedaag) en my vel is ook in n toestand.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12036 by Ansa_S
JOng Kriek my vel is van na my eerste miskraam nie baie lekker nie. Maar nou is dit 'n konsternasie, want elke maand van ovulasie af lyk ek soos 'n freak!!!!!!!
En dan praat ek nie eers van die kors fyn puisies op my rug nie, iets wat ek nog nooit in my lewe gehad het nie, maar nou dat mens probeer vir 'n baba slaan al die bose swere uit!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account