file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 5 months ago #12027 by Kriek
ha ha Ansa, hoe lekker lag ek nou. En jy is nie alleen nie, my vel lyk net so verskriklik weet nie wat aangaan nie, sulke klein fyn knoppies in my nek. Ek het nou die dag n email gekry van heuning en kaneel en al die goed waarvoor dit werk, en blykbaar moet jy dit in die aande op die puisies sit, het dit nog nie probeer nie, want dink dit kan n lekker taai spul wees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12020 by Ansa_S
Julle ek het nou net ontdek ek het 2 nuwe vriende wat ek saam met my dra deur die lewe....... 2 m@#rse puisies op my kakebeen! En hulle jaag mekaar want hul is presies 1cm uitmekaar uit!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ai die tienervel van my! Ek is vrot van die puisies al langs my kakebeen tot in my nek! :X :X

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11995 by Kriek
Ek het die resep in n Baby and Toddler resepte boek gekry, jy kan klein vetkoekies ook by dit maak, die kinders hou gewoonlik mal oor dit, want die butternut en patats gee dit so effense soet smaak

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11987 by G Baby
My man is mal oor baked beans en dis so gesond,ek sa so bly wees as my twee fiemies gatjies dit ook eet!! Dankie,ek gan dit probeer,het uitgeprint

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11976 by Kriek
G, ek het n lekker resep, maar jy moet maar kyk, almal hou nie hiervan nie, maar die kinders is mal hieroor.

1 kg Beesvleis blokkies (Goulash)
1 of 2 koppies butternut (blokkies), ek gooi bietjie meer in
1 of 2 koppies patats (blokkies)
blikkie lensies
2 blikkies baked beans in tamatie sous
Ek kook die vleis in my stoompot met 2 liter water tot lekker sag, gooi dan die butternut en patats by, kook tot sag, dan lensies, kook nog vir 20 minute en dan die baked beans.
Almal is nie mal oor baked beans nie, maar saam met n lekker vars bun is dit heerlik, ek eet my vingers af aan die sop

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11971 by Kriek
Anje, darem is S.emulsion beter as in my dae toe ek kind was, ek gril nou nog, ek moes die cod liver oil net so drink, niks gegeur nie, maar ja, ek het nooit siek geword nie. Gelukkig drink my seuntjie dit, hy se dis suur, so dit trek die gesig maar lekker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11970 by G Baby
Julle enige voorstelle vir maklike sop en lekker sop resepte asb!!! EK wil maak en vries dan het ons darem iets om te eet as baba kom.
EK begin so bietjie onrustig raak weet nie hoekom nie,as die kids so moeilik is soos afgelope 2 dae trek my keel sommer toe,want ek weet daar is geen manier dat ek genoeg hande en geduld ganh? met almal nie.
My man het begin pomelos uitvoer vandag,so hy gaan heeltemal MIA wees,van nou tot September.
Ek sal maar moet staat maak op my bediende en my ma. Maar my ou trots in die sak steek(baie moeilik vir my) en maar hulp vra as moet.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account