file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 3 months ago #62614 by marie r
Môre dames.

G Baby ek's bly alles gaan nog goed daar aan jou kant. Ek mis julle nuwe mamma's vreeslik. Dit is sommer skoon stil hier as julle nie hier is nie. Kan nie glo De Nys is al 2 weke nie.

Morgan; dit is stunning foto's. Ek het met Eduan nie foto's geneem toe ek swanger was nie, maar hierdie keer gaan ek defnitief dit doen. Hoe gaan dit verder met jou? Is jy nogsteeds by jou ma?

Cornel ek's bly as alles darem nou beter gaan. Vat dit maar net rustig.

Sexy, dit klink omtrent of jy 'n besige naweek gehad het. Maar dit is tog altyd lekker om ou vriende weer te sien.

AFM: My naweek was ok. Het net 'n vreeslike storie aangehad met my pa oordat hulle so inmeng in ons lewens. Maar nou ja, dit sal seker een of ander tyd oorwaai. Verder was ons maar rustig die naweek by die huis. Gaan goed met my en Peanut (of ek hoop so). Nog 'n week en 'n half voor my 1ste scan.

Lekker dag vir almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62607 by sexy~hexy
More almal :)

Wow Morgan, dis regtig stunning fotos!! Ek is mal oor sepia en swart&wit fotos. Wanneer gaan jy vir die newborn shoot?

Al die ander, hoop julle het 'n leka naweek gehad?

Cornel, bly om te hoor die afskeiding het weggegaan :) Ek weet nie van implantation bleeding nie, het dit nog nie ervaar nie, maar dis soos die girls se, God het hierdie baba of babas :P vir julle kom gee. Wees rustig en pleit net God se bloed oor julle af!

AFM: Naweek was rustig, maar te bedrywig na my sin :S Vriendin van Diensjaar het kom kuier by 'n nuwe liefde, so Saterdagaand het ons gebraai en gister pot gemaak. So met die gevolg, die huis en wasgoed het stilgestaan, en geen tyd saam my twee manne :( Maar ag wat, 'n goeie kuier op sy tyd is ook nodig.

Leka daggie verder, ek hoor die baas is weer knorrig vanmore...so sien 'n laaaaang dag vir my.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62583 by Lia
Naand girls, amper bed tyd vir my, wou net gou in loer hoe dit gaan.

Cornel, sjoe lees ek nou eers van jou scare, maar ek is baie bly dit het opgehou en dat jy en baba ok is. Sterkte en gedra jou maar rustig !! Gaan nou heel week aan jou dink, want ek sal nie veel kan in loer die week nie.

Morgs, ek love die pics. Stunning fotos !!!! Sjoe, ek kan nie glo Carli is al 'n week en 2 dae oud nie. Om te dink ek het haar 'n week terug vas gehou, wow !! Tyd gaan te vinnig verby.

Tienks, sterkte met die naarheid !!

Vir die res van die girls, hallo !! Jammer, het nie tyd gehad om alles op te vang nie.

FB my asb as daar iets belangriks gebeur.

Iemand iets gehoor van Charlaine? FB my asb.

JULLE MOET ALMAL 'N GREAT WEEK HE !!!!! Ek kan nie wag dat die week verby is nie.

PS: Nog net twee pilletjies oor om te drink en geen newe effekte nie, nie eers moodswings nie. Sien oom Strikdas Vrydag oggend.

Tata lekker slaap.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62582 by Morgan
hello hello

Cornel bly als gan nog goed!!

Tienka dis amper tyd, kan nie wag om jou mannetjie te sien nie, geniet die laaste paar dae, ek mis my boep vreeslik.

Gepraat van boep hier is n paar maternity pics:
File Attachment:

File Attachment:

File Attachment:

File Attachment:

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62557 by Tienka
Cornellie, ek is so bly als is ok by jou, daai babatjie gaan sit, jy sal sien!!

G, ek is baie bly dit gaan goed daar by jou en dat De Nys so 'n maklike baba is. Ek mis jou en die ander girls, noudat ek by die huis is kry ek maar min tyd vir chat.

Ek voel glad nie so lekker vandag nie, die drukking is erg vandag en my dikderm is seer, maar nou ja, nog net 'n paar weke om te gaan. Ek is weer naar ook, dis bleddie aaklig, het dit nie met my vorige 2 gehad wat ek kan onthou nie.

Hoop julle het 'n lekker aand, sien julle more!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62464 by Cornel
Goeie more Dames.........

Wil net gou se dat als okay is......

Ek het vrydag aand so bietjie van 'n pienkerige afskeiding gehad,glad nie baie nie! Ons het gaan eet,toe ons terug kom,het ek gaan stort ~ doekie was silwer skoon(sorry tmi)!

Was gister(saterdag) maar heeldag saam DH in die bed ~ shame hy het hom boeglam geskrik! Gister heeldag was als skoon,as ek afvee ook.......

Dis nou 9h26 en als is nog skoon,so ek glo ek en baba is okay.......ek het darem nerens pyn nie!

Lekker sondag vir almal! Ons gesels weer More! :woohoo:

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #62407 by G Baby
hallo julle girls!
Hoop julle hou lekker naweek-ek het kom inloer,ek mis die baie chat saam julle.
Cornel,ek het ook net na ek uitgevind ek is swanger met De Nys bruin afskeiding gehad vir so 2 dae. Jy moet regtig nie bekommerd wees daaroor nie,solank dit nie kramp en rooi is nie. Moet implantion bleeding wees.

Gaan goed hier by my,lekker dat Dh ook bietjie by huis is,met die lemoen tyd nou by ons,is hy maar besig. Dis betaal naweek so hy is bietjie af die naweek. Ons het die kids vandag weer Mangela animal farem toe gevat,hulle het vreeslik lekker daar gespeel.
De Nys gesond sover en drink en slaap goed. Ek kan regtig nie kla nie,hy is 'n ou bondeltjie vreugde.
Hoop dit gaan goed met julle almal se swangerskappe-Paisley,marie,dassie,tienka,cornel,mommy?

Nelria en morgs hoe gaan by julle met die kleintjies,hoop Xen is al gesond.

Nou ja wou maar net hello s?,lekker naweek verder.
:kiss: :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account