file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 3 months ago #60001 by Rakker
Hoe laat die man my nou snot en trane huil! Ek bid dat julle binnekort goeie nuus sal kry en oor net minder as 9 maande 'n volmaakte babatjie sal vashou.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59991 by Cornel
Hi Strikkie! Ek het omtrent lekker trane gestort toe ek sy briefie lees.........

Baie dankie vir al die ondersteuning!

Lekker slapies,gesels weer more!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59982 by Strik*kie
O en ons gaan daai babatjie deurbid se ek jou!!!!

;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59979 by Strik*kie
Hi da

Ek het respek vir jou en die besluite en ek moet se vandag se RESPECT gaan vir jou Driek. Ons sal haar natuurlik ondersteun wat ookal gebeur. Ons klomp is altyd hier vir mekaar deur trane en vreugde. Sjoe ek moet se dit moet nogals baie van 'n man vat om hier te kom post. Well done.
Cornellie, ek hou vir jou duimpies vas vir more-oggend. En ek glo dit gaan BFP wees.

Lekker aand julle 2 en lekker slaap.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59975 by Cornel
Goeie naand al julle Dames of moet ek se Girls

Niemand van julle ken my nie en weet nie hoe ek is nie. Kwaad vir my vrou sal ek nooit kan wees nie,dis maar net dat ons al 2 keer baie seer gekry het. Ek weet nie altyd of julle vrouens dit besef nie,dat 'n man net so omgee as 'n vrou.

Om 2 babatjies te verloor maak 'n man baie baie bang!'n Mens wil nie terug kyk nie,maar dit steek nogsteeds agter in 'n mens se kop vas.

My kosbaarste ding in my lewe is my dierbare vrou en ek wil nie he sy moet ongelukkig wees nie of teleurgesteld wees nie.Soos ek vir julle gese het Kwaad sal ek nooit nie vir haar wees nie.

Julle het my so mooi gevra............Dis reg as sy more oggend toets. Sy praat altyd net goed van julle!Al wat ek vir julle vra is staan net by haar.???? En bid net asseblief saam met ons vir 'n gesonde en 'n geseende bondeltjie liefde!

Groete
Driek (Cornel se man)

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59958 by VB2010
Hi Anje, dankie man

Loer gou in om te sien of daar al ietsie van Cornel af is

Ek suffer met erge ovulasie pyne vanaand, voel asof ek in 'n bolletjie kan opkrul van pyn!!

Lekker aand
xx

File Attachment:

File Attachment:

TTC 1ste LO vanaf 2006
1ste Rondte Fertomed 10 Mei (50mg)
2de Rondte Fertomed 11 Junie (100mg)
3de Rondte Fertomed 13 Julie (100mg)
Bloed Toetse 13 Mei
HSG Toets 14 Mei
Taking a break....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #59952 by Lia
Ok, ek vang net gou op.

Baie Baie Geluk Hexy, dis uitstekende nuus !!!!! Baie bly vir jou. Hoop die dr bel sommer vroeg more oggend. Is dit nie amazing hoe dinge hierdie maand vir jou gebeur het nie, om te dink dr wou jou op voorbehoed sit. Wat se jou man? Sien jy vertel ouers vanaand, geniet dit. Kom vertel wat se hulle!!

Hello VB, welkom terug, bly om weer van jou te hoor. Sterkte met jou BD jong. Hoop daai eiertjie word gevang.

Klippie, dankie tog uiteindelik is jou goed nou reg met hospitaal. Sterkte vir more jong. Vat dit maar rustig daarna, help nie jy maak weer seer omdat jy nog nie behoorlik gesond is nie.

Cornel, ek weet nie hou jy uit nie…lol.

Hi Charlaine, hoop dis ‘n goeie teken. Sien uit na jou toets, ek dink dis jou maand hierdie maand.

Lekker aand girls.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account