Hi Almal
Lalie baie jammer oor jou BFN, ek weet jy gaan binnekort daai BFP kry hou net moed.
Julle soos Anje sê Carli is te pragtig en sy is baie kleiner as wat dit op die fotos lyk. Morgs haal haar uit die broei kas om haar ogies vir ons te wys en kan julle glo sy hou net aan slaap. Sy sit en slaap fisies min gespin met wat om haar aangaan haha lol.
Ek het vir Tienka en Anje ontmoet, Jippeeee. At last. Ek was maar bietjie stil in daai hospitaal was bietjie skrikkerig vir Morgs se ma, syt bietjie kwaai gelyk lol..
Maar morgs lyk regtig great en sommer baie happy en bubbly, mens kan sien sy is nou 'n mamma.
Vir die res jammer ek doen nie personals nie.. Ek is vandag op CD 26..So het nie meer lank om te wag nie. Ek het van Donderdag af sulke erge maag krampe ek koni verstaan wat dit is nie want dit was nie naby aan AF se tyd nie, so was baie vreemd.
Ek gaan vir Tienka baie mis op die site, so hoop sy kom loer in.
Oor die wax: Ek skeer maar elke 2/3de dag als af.. Is te bang om te gaan wax, kan net dink hoe seer dit is OUCHHHHH!!!!!!!!!
Dalk sal ek eendag die guts bymekaar kan skraap lol.