Dankie Striks - skuus julle laat ek gou vir julle tik dan sien julle nou hoe dit begin het en staan.Kan ek dan vir julle vir raad vra hoe ek haar en haar snooty comments finaal van my rug af kan kry..
K - sy is verskriklik bederf en vreeslik oorsensitief.So vir elke geringste dingetjie begin sy te pis.Als wat ek het of kry - moet of wil sy ook onmiddelik he. Soveel so dat sy 2 minute nadat ek n ding gese het, my woorde woord vir woord herhaal.Soos ek julle reeds vertel het het sy toe sy uitvind sys pregnant onmiddelik aangeneem sy kry al my babagoed (by the way sy gaan maandag of dinsdag vir n keiser en het nog steeds nie n cot nie).Sy sal voor my met ander praat van my asof ek nie in die vertrek is nie.Sy wil he almal moet als vir haar doen (wil behandel word asof pregnancy n siekte is).Haar man moet selfs vir haar koeldrank ens ingooi en aandra - hy doen ook hulle wasgoed, ek het haar nog nooit n strykyster sien vashou nie.My skoonpa het vir hulle twee vertrekke aan hulle flat laat aanbou omdat dit eintlik n bachelors-flat is - en wat doen sy kak en kerm want hoekom word die vertrekke plain beige geverf en nie soos hulle dit wou he nie en nous haar flat vuil, maar sy lig nie n vinger om eers te probeer skoonmaak nie.En sy en my skoonma het in detail tussen mekaar bespreek oor hoe ek nie my kind kan grootmaak nie en dat ek hom nie dissiplineer nie en dat ek hom niks maniere leer nie.
Ek wil dit nie so beskryf nie maar dit voel of ek haat teenoor haar in my het en ek weet ek moenie haat nie...maar wragtie my geduld is op.
Skuus julle oor die boek hierbo maar ek is regtig moedeloos verby met haar.