shoe okay,!!! dankie vir al die inligting. dit klink baie oorweldigend
gebruik jy glad nie die gewone plat doeke met die plastiek 'clip' wat mens so vasmaak nie? werk hulle of nie regtig nie?
die bambino mio.... die doek is die 'lappie' wat so gevou word en binne in die waterproofs gesit word, dis nie soos 'n groot doek soos gewone doeke nie wat so om die lyfie vou nie ne.
hou die velcro? raak dit nie klaar en plak dan nie meer nie?
so met stegi gebruik jy ook die waterproof en dan die doekie in die binnekant met 'n nappy liner aan.
die waterproofs, is van gewone katoen en nie plastiek soos die wat jy in die winkels koop nie? hoe keer dit lekasie?
ek sien op die prentjie by stegi se website, hulle maak die waterproof oop en haal dan net die doekie uit en sit 'n nuwe een in, dis mos reg ne (weet nie hoekom is ek so confused hiermee nie LOL)
dan lees ek mens sit die pie doeke in 'n droe emmer en los dit daar en was elke 2 dae en die poef doeke moet jy eers uitspoel en dan in water emmer sit met sterri nappy?
ek wonder of ek dalk soos henko se size moet koop en dit probeer, kan dit mos later vir boetie gebruik. dan kan ek mos gewoond raak aan dit.
Jis anina, dis 'n lekker aanbod, ek dink ek moet jou opvat. Aug/Sept is net 'n vreeslike moeilike tyd, ek werk met prokureurs se oudits en die due date is 31 Aug, so dit sal moet voor dit wees anders is ek elke saterdag by die werk
hoe maak (of wat) maak jy? die waterproofs? dan sit jy velcro aan? dis oulik want jy kan seker mooi gekleurde lap gebruik en so.