file November 2010 Mammas

16 years 3 months ago #65360 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:November 2010 Mammas
Hello almal!

Rosie, ek is bly julle kuier lekker, dis so spesiaal om saam met iemand so na aan jou swanger te wees.

Gerne, ek sal weer en weer my vingers stompies tik, ek gee glad nie om nie!! Wat wil jy weet?

Die kans dat dit vir jou werk sal afhang van die soort doeke wat jy gebruik. Ek al van mense gehoor wat bv van Mother nature doeke hou, maar meeste mense wat daarmee begin, slaan oor na weggooi doeke binne 'n maand.

Ek beveel Bambino mio doeke aan en Stegi waterproofs.
Die redes is:
Doeke:
Bambino mio doeke is (duur) dunner (moet gevou word) so dit word vinnig droog. Dit is ook kleiner as die Stegi doeke en pas beter binne in die waterproof. Vir die eerste rukkie kan jy 'n BM waterproofie ook koop maar hulle groei bitter vinnig uit die extra small BM uit!
Stegi doeke is reeds gevou maar word moeilik droog en is nie so absorberend soos BM doeke nie.
Waterproofs:
Die BM waterproofs is vir elke size is effe kleiner as die Stegi waterproofs. Die BM het kleinder velcro stukkies en maak nie so stewig vas soos die Stegi nie. Oor die algemeen sit die Stegi waterproofs vir my beter aan baba se boude, so minder kans vir 'n lekkasie...
Die Stegi waterproofs is ook sowat R 80 per waterproof goedkoper as die BM waterproof en hulle is maar dieselfde kwaliteit.

Dit is regtig makliker as wat mens dink om lap doeke te gebruik (veral vir my wat nooit weggooi doeke probeer het nie...) Solank jy dit 'n goeie maand kans gee om gewoond te raak aan die verskil, sal jy gou agterkom dit is die moeite werd.
Jy benodig aan die begin:
Omtrent 16 klein doekies
Ten minste 4 waterproofs
'n Doeke emmer
Nappy liners (cherus sin kan in die toilet af gespoel word)
Wet wipes wat geflush kan word (Cherubs)
Steri nappy (daai eerste doeke het dit maar nodig...)
En die ander normale stuffies vir doeke ruil.
Poeier help om die boude bietjie meer droog te hou.
Die eerste size doeke sal jou solank hou soos nr 1 en 2 weggooi doeke, dan sal jy groter doeke moet kry.
Die waterproofs werk omtrent dieselfde as weggooidoek sizes. XS - new born, S - nr 2/3, M - nr 3/4
Stefan dra nou 'n Huggies size 4+ weggooi doek in die nag en steeds Medium Stegi covers.

Die stegi goed moet jy oor die internet bestel van hulle web page af, maar hulle diens is uitstekend! Die BM kan jy by meeste Baby City winkels koop maar dis vrek duur.

Onthou ek maak my eie doeke, en gaan nou weer 'n klompie in Augustus / September maak vir die nuwe baba. So as jy wil saam maak is jy welkom, ek sit by my ma se huis en doeke maak in Pta so dis naby jou.
Dis vat so 3 ure om 'n hele stel doeke kant en klaar te maak as manlief bietjie help vas steek en ma stik.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #65192 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re:November 2010 Mammas
Hallo julle
Sjoe ek kuier darm lekker saam my sussie en haar dogtertjie. Ashleigh sterkte met die naam soek julle sal die perfekte naampie kry.
Julle moet 'n lekker daggie he

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #65092 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:November 2010 Mammas
anina, dit wys jou watter verskil mens se werksomgewing maak ne. ek is bly jy is nou gelukkig en dat dit vir jou 'n beter ervaring is.

okay so ek weet jy het nou al jou vingers lam getik oor lapdoeke maar ek en my man oorweeg dit nou baie sterk (al se al my ander pampers mammies vir my ek is mal in my kop!) LOL

kan ek by jou bietjie uitvis en raad kry?

Shame ashleigh, daai krampe is nie lekker nie ne. ek onthou ek het een nag gekramp in my een kuit, toe in die ander een sommer so gelyk, toe my man wou vryf toe kry hy ook krampe LOL dit was so snaaks, sit ek en hy in die middel van die nag en vryf krampe weg :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #64907 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:November 2010 Mammas
Jitte maar dis stil hier!

Ashleig, ja moenie stres oor die naam nie, julle sal wel ietsie kry waarmee julle gelukkig is en die familie sal dit aanvaar. Moenie dat dit 'n slegte ervaring aan die swangerskap koppel nie.
Vir die krampe kan jy nr 8 tissue sout drink, dit werk regtig. En jy kan baie daarvan drink, sommer 2 op 'n slag elke 10 min as dit erg is.

Gerne, ek kan ook nie dink dat die 2 swangerskappe so verskillend kan wees nie! Met Stefan was ek heeltyd verbouereerd en het net heeltemal oorweldig gevoel, hierdie keer is ek kalm en het nog behalwe vir die sooibrand geen slegte simptome gehad nie. Dit word net beter en beter! Maar ek dink my werks omstandighede wat 10 000 keer beter is die keer het defnitief iets daarmee te doen. Laas was ek heeltemal oorwerk, en moes oor alles met my baas baklei. Hy was glad nie ten gunste van die swangerskap nie en het my baie sleg behandel. Ek is soooo bly ek is daar weg! Nou werk ek glad nie hard nie en het bitter min stres. En dit maak 'n verskil.

Lekker aand julle!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #64340 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re:November 2010 Mammas
Hi julle.

Ek gaan te veel stress oor die naam nie. Ons gaan maar 'n paar name by mekaar maak en dan besluit.Ons het darem nog tyd. Dankie vir al die voorstelle.

Ek kry nie lekker geslaap nie. Ek kry krampe in my bene. En dit is baie seer. Ek gaan dit maar volgende week dinsdag vir my dok noem.

Ek is ook party keer uit asem uit.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #64205 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:November 2010 Mammas
ja skapie, ek is ook party dae vreeslik uit asem. en dit raak net erger :)

ja anina, ek sal daarna moet kyk. kan nie glo mens se swangerskappe verander so nie ne!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #64089 by skapie
Replied by skapie on topic Re:November 2010 Mammas
hi almal.

Sjoe, ek is vreeslik uitasem al van gister af. Het julle dit ook? maar ek kan voel sy lê hier onder my longe. want my maag is sommer kleiner vandag. voel of ek om die blok gestap het. daai tipe uitasem.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account