file November 2010 Mammas

16 years 5 months ago #12704 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:November 2010 Mammas
Hi julle, lekker om jou terug te he Ashleigh!! Ek het gedink ons het jou verloor.

25 weke is 'n lekker tyd vir 'n baby shower skapie, dan is jy nog in jou 2de trimester so jy issi so moeg en groot en ongemaklik nie. So dan kan jy nog lekker shop na die tyd.

Skapie, net so by the way, daai bad stoeltjies het glad nie vir ons gewerk nie. Stefan het dit gehaat!!! So as ek jy was sou ek dit op die lys skryf maar dit los as jy dit nie persent kry nie. Die bad self is ook maar debateerbaar want mens gebruik dit net vir die eerste 2 maande of so. Stefan baie rustiger gebad as ek met hom in die groot bad bad. Dan het ek sommer partykeer geborsvoed in die bad om hom te kalmeer. 'n Bad mat is wel die moeite werd want Stefan is nou mal oor bad en kruip op en af in die bad en staan teen die kante op die heel tyd.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12698 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re:November 2010 Mammas
Gerne - My 1 vriendin het uitgevind by daai scan. Maar die doc wat dit gister gedoen het, het gese die baba het mooi gele nie en hy kon nie sien nie.

Waaneer dink julle? Op hoe veel weke is die beste tyd vir 'n baby shower?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12594 by skapie
Replied by skapie on topic Re:November 2010 Mammas
Gerne - ek het gou weer jou scans gaan kyk. ek dink dit is 'n dogtertjie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12592 by skapie
Replied by skapie on topic Re:November 2010 Mammas
ek gaan vir al daai bloedtoetse tussen 16 en 17 weke. en dan op 22 weke vir die anatomy scan. maar sal dit alles bevestig.

ek en DH is nou besig om scans op google na te gaan van seuntjies en dogtertjies op 13 weke. sodat hy sy oog kan instel. my dokter sal nie sê so vroeg nie. die seuntjies kan mens duidelik sien, hang seker ook maar af hoe die baba lê.
en 'n dogtertjie het apparantly 3 strepies.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12532 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:November 2010 Mammas
Hi Ashleigh. Ek is bly dit gaan goed met baba. Kon die dokter glad nie sien wat dit is nie? shame dis sleg, ek hoor baie vrouens kon sien met daai scan. Ag volgende keer ne!

Skapie, dis 'n goeie idee om te vra dat jou stork vroeg gehou word. dan het jy nog baie tyd. Onthou net, baie mense koop baie newborn goed vir die stork :) dis mos altyd lekker om sulke klein goedjies te koop. Koop eerder groter sizes soos 12 - 18mnde ens. Ek het met my stork SO BAIE klere gekry dat ek regtig hierdie winter eers begin koop het. dis eintlik wonderlik.

Ja mens gaan op 12/13 weke ook vir die downs. Maar dis nie noodsaaklik nie. Ek moet die 10de Mei bloed trek sodat hulle kyk vir downs, jou dr sal seker vir jou nog se daarvan skapie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12431 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re:November 2010 Mammas
My doc stuur jou op 12 weke en 20 weke. Die 12 weke is om te kyk vir downs. Die doc het ook gekyk en geluister na die baba se maag. Hy het die blaas na gegaan, kop gemeet ens. Die 20 weke scan is die anotomy scan waar hulle gaan kyk of die babas se organe als reg is. Ek gaan die 2de Julie vir hom.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12421 by skapie
Replied by skapie on topic Re:November 2010 Mammas
ek gaan wag vir my baby shower - gaan vra dat hulle dit op so 25 weke hou. maar ek gaan newborn goedjies koop. dan kan mense aanvul vanaf 3 maande. ek wil net gaan neerskryf wat 'n mens kry. soos daai stoeltjies wat jy in die bad sit ens....het nie 'n clue wat mens dit noem nie.

Ashleigh - hoekom het jy al so vroeg vir 'n fetal assesment gegaan? of praat jy van waar hulle die nekvelletjie ens check? ek dink dr doen myne volgende week. kan regtig nie wag vir volgende week se scan nie.

dit is half nog unreal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account