Carmen, veels geluk jy is die eerste Oktober 2010 mamma wat gaan begin hardloop en oral goed vang en gryp! GENIET DIT!!! Riley kyk jou nogal so ewe onskuldig aan toe jy haar afneem. Moenie vergeet om die kot te laat sak nie!
Anina ek is net so min lus vir werk! Die griep maak net sy laaste draai, ek voel heelwat beter dankie! Dokter het my wilde "choke" antibiotika vir 3 dae gegee. En dan drink ek Echina Force ook, dit werk altyd!
Ag siestog Melody, Kayla sukkel omtrent met die verkoues! Wil julle nie iets soos Biostrath vir haar gee nie? Dis so R50 'n bottel en Mare, wat syne van geboorte drink, sin is nou eers halfpad. Jy druk sommer die dummy daarin en dan in haar mondjie. Dit help sommer met allerhande goed, maar bou ook die imuun-stelsel op. Of dalk Creche Guard. Ek weet sy bly by ouma, maar dit help ook om die gestel op te bou. Hoop sy word gou-gou beter!
Hi Elaine! Jy en Ralmarie is altwee skaarser as hoendertande! Bly dit gaan darem nog goed! Waar is die prentjies van die pakkies wat jy maak? Sal graag wil sien. En pryse asseblief. Nou wat sal vir Nadia pla? Siestog en as hulle eers met Klaas Vakie veg, is dit omtrent 'n storie! Hoop julle kan uitvind wat pla.
Ek is van gister oggend af 'n "werks-weduwee". Piet is in Jhb op konferensie. Het gedink dit kan dalk lekker wees om 'n slag alleen te wees, maar ek verlang al klaar! Ek soek my man by die huis! Weet nie hoe doen julle dit wie se mans so ver werk nie!
Okay ek het klaar gemoan! Lekker aand almal! Drukkies vir die kleingoed!
PS Helene en Elise facebook nou so, dat hulle skoon van Moomie vergeet het! En Ralmarie veg seker nog steeds met haar internet!