file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #173709 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine lyk my jy het 'n plan! :woohoo: Wanneer kan ons die pakkies sien? En die pryse?

Anina ek trek ook eerder bietjie te warm aan as te koel. Praat van floutes! Netnou kry jy een van honger! ;) Was dit bietjie dol vir ontbyt vanmore? Al gehoor van "bun on the run"? Dis nou 'n broodrolletjie net met margarien wat uit jou mond hang terwyl jy baba in die karstoel probeer vasgespe met jou handsak, die karsleutel en die remote ook in jou hande. Met Piet in Jhb, het ek nou al 2 sulke oggende gehad en dan is ek steeds bietjie laat vir werk. :blush: En ek staan elke keer nog 10 minute vroeer op in 'n desperate poging om vandag darem betyds te wees. (SUG) Mens kan net nie wen nie! :blink:

Hier by ons is dit bewolk en koel (amper koud) vandag. Dis die ideale weer om met die kids in die bed rond te hang vir die dag. ("wishful thinking") Blykbaar was dit giester in die Baai (PE) 38grade gewees! Dis wild vir daar! :huh:

Gerne, kan ek jou beanies hier by Mare se dagsorg ook adverteer? Van die rykstes in die dorp se kleinkinders is ook daar. Sal net sorg dat ek die geld het voor ek dit bestel, aangesien ek nou nie die mense so goed ken nie. En ek is seker my sussie sal vir haar amper 4jarige doggie ook een wil he. Sal bietjie hoor. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173705 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Helene, ons mis jou!! Shame vir die sleg slaap man, maar jy sal moet plan maak daarmee. Hulle begin op 6 maande permanente slaappatrone vorm, so jy sal moet werk daaraan anders gaan dit nog lank so wees. Sny hy nie dalk 'n tand nie? Ek vind ook hulle slaap sleg voor hulle 'n groot mylpaal bereik. Sterkte!!!

Ek trek my kids ook maar eerder bietjie warm aan. Paulina trek hulle deur die dag so stelselmatig uit as dit te warm is.

Hierdie outjies word nou regtig cute ne! Carmen daai pap storie klink te ougat!

Ooooo ek is honger, sal maar bietjie plan moet gaan maak voor my maag my derms begin eet...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173696 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, het jy al ooit daaraan gedink om jou besigheid verder uit te brei hier na Pretoria/Johannesburg omgewing?

Kan jy dalk jou e-pos adres vir my stuur.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173678 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
MOre julle!

Janine lag ek nou vir jou en Ilse se "floutes"! As sy te warm aangetrek is, sal haar koppie vinnig warm raak en sweet. As st koud kry sal haar neusie se punt koud wees. Dis hoe ek weet om vir Mare nog iets aan te trek of koeler aan te trek. As sy voete koud is, maar sy hande en koppie voel okay, kry hy sommer kousies of sy pantoffels saam met 'n lang broekie aan. Siestog toe hy gebore is was hierdie mamma BAIE dom. Hy het omtrent permanent 'n blou neusbrug gehad en ek kon nie verstaan waarom nie, tot een van die verpleegsters vir my se ek moet hom dalk warmer aantrek, want hy kry koud. Toe ek vra hoe weet sy dit, is ek vinnig op die ou blou neusie gewys. :blush: Van toe af is dit my riglyn. :)

My genade Helene, ek het gewonder of jy al van ons klomp vergeet het! ;) Bly jy geniet die 2 seuns so en dat dit goed gaan!

Ek kan nie oor Mare se slaap kla nie. Hy gaan slaap tussen 7uur en 8uur (nader aan 7uur) en dan gee ek hom 10uur 'n bottel so in die slaap. En hy word normaalweg so tussen 4uur en 5uur wakker, wat in elk geval opstaantyd vir ons is.

O ja hy het uiteindelik weer besluit om om te rol, nadat hy dit mos lank nie gedoen het nie. Nou sit hy (al baie goed) an as hy omval, gewoonlik reg vooroor, werk hy sy hande vorentoe en as ek weer sien het hy homself omgedraai. En die nuutste is om mamma se gesig te bevoel terwyl hy sy bottie drink. Die gesiggie is die ene konsentrasie. Tog te dierbaar!

Ag julle die kleingoed is darem nou soooo oulik! Ek mis die klein klits vreeslik bedags en in die aande is hy so moeg, dis net bad, bottel en bed. Daar is nie eers bietjie speeltyd nie! :S Pappa speel so bietjie in die oggende met hom terwyl ek gou stort. :P En hy slaap meeste van die tyd terwyl ons ry, so . . . . . Naweke speel ek hom op so tussen die wasgoed, naaldwerk en dinge deur.

Hoop almal het 'n heerlike dag! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173605 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle. Ek loer gou gou in. dis die eerste keer in baie lank wat ek n slag werk doen en met die sommer by moomie ook uitkom. ek weet net nie waar julle die tyd kry nie.

Aaaagggg, die babas raak te groot!! Mare mammammamama al en Riley kruip, die klein woelwaters! Claudia, klink ook naby aan kruip. ek het nou net so vinnig gelees.

Stefan het die naweek begin sit, en ek hoop hy sit nou vir n tydjie voor hy begin kruip. Lance het op 6 maande begin kruip (voor hy kon sit) en hy het tot vandag toe nog nie ophou vorentoe beweeg nie.

Stefan drink steeds net tietie. ek het wel intussen agtergekom hy slaan uit van gewone koeimelk formule. ek het soya gaan koop en hy kry nou dit oor sy pap. Ek pomp nie uit nie, so hy kry formule oor sy pap. verder eet hy bakke vol kos op. (n regte Babybellies baba!)

Lance is so lief vir sy boetie. ek geniet die seuns nou verskriklik baie. My besigheid ly bietjie daaronder, maar vir nou is my kinders belangriker as enige iets anders.

is daar nog nuus wat ek moet weet?

Ek het raad ook nodig. hoe slaap julle babas. stefan slaap baie sleg. hy raak van 1uur af elke 2 ure wakker. hy huil ook vreeslik voor hy aan die slaap raak deur die dag. Ek sus hom aan die slaap, as ek hom net neersit sal hy vir n uur aaneen huil en ek kry hom dan nie weer getroos nie.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173591 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi da almal!

Ai, maar ons babatjies raak nou groot!! Dis 'n gekruip en tande sny en mammmammm! :laugh: Geluk aan al die trotse mammas!

LOL vir die vassit onder die tafel Anina en die maaitjie se pap gaps Carmen!

Ek's defnitief ok nie 'n winter fan nie, het ook gelees van daai 1 ekstra lagie aantrek, maar ek's so koulik, as almal anders nog piekfyn is, trek ek al klaar 'n warm top aan... So miskien moet ek maar eers net vir Ilse so warm soos ek aantrek en haar dophou, nou-nou is sy warmbloedig soos pappa dan kry sy wraggies floutes van die hitte!! :silly:

Hoop almal het 'n lekker snoesige aand, night!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173573 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, as Riley honger is, IS SY HONGER! Dit was seker kostelik gewees! Een van die dae is dit honde pille, pasop net vir verstik!

Mare gee darem al 'n Mammmammm vir my, veral as hy nou iets soek. En hy tata ook. Ek trek 'n vessie en dan n handdoekstof babygrow aan in die nag en laai hom so by die dagmoeder af. Sy het hom dan later iets koeler aangetrek. Ek het ook gehoor van 'n ekstra laag meer as ons.

Lekker aand julle! Gesels weer more! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account