file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #173776 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
OEPS! Chickenpox :blush:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173773 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
LOL Gerne, jy is seker reg! Elke stadium sal dan die OULIKSTE wees! :laugh: Lekker vir julle vroeg afgaan gister. As ons water af is, gaan haal ons in 20liter dromme by een ou se huis boorgat vir toilette en alles. Werk sal ons werk! :huh: Man los vir Ruben, as hy daar lostrek sit, kruip en loop hy sommer in een maand! Mare was net so lui en nou gebeur alles sommer binne 2 weke! :P

Sjoe Anina! As ek reg onthou is waterpokkies aansteeklik solank die kind koors het. Maar ek is nie seker nie. Ek kan nie onthou of dit is voor hulle uitslaan nie, of net daarna nie. Wat se google? Dink waterpokkies is smallpoks in Engels, glad nie seker nie.

Dis beslis die topping wat die cracker broodjie maak! Geniet dit!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173749 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Het nou net gehoor my skoonsus se dogtertjie het waterpokkies. Het blykbaar Dinsdag uitgeslaan en ons was die hele naweek daar!!! En Stefan en Claudia is NIE inge-ent daarteen nie. Nou los ek hom by my sus vir 'n troue more aand en haar kids het dit ook nog nie gehad nie... wat nou?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173747 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Jip, het dit al so geeet!! Baie lekker, vir my gaan dit oor die toppings. Eks nie op dieet nie so en ek eet dit vir kos, maar dit het so min voedingswaarde dat ek dit laai met toppings...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173743 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo

ons kon gister 12uur huis toe gaan want ons het nie water in die badkamers gehad nie, te lekker!!!

ek het uiteindelik vandag die kombersie gepos, dit het soooo pragtig uitgekom. sal later 'n foto opsit. maar mens kan dit net regtig waardeer as jy dit in jou hande het!!!

jissou man, julle laat my worry oor my vettie, hy sit nog net, en sit.... en sit. (nog nie heeltemal op sy eie nie bygese). as ek hom op sy maag sit moan hy, hy rol nogsteeds nie weer om nie en dan sit of le hy net :P klein klits. maar ek moet seker dankbaar wees, hoef nooit te worry dat hy af sal val rol of wegkruip nie :)

helene, so lekker om jou weer te sien jong. jis klink vir my jy gaan borsvoed tot S 18 is :blink:

julle, die kleingoed is nou oulik..... maar wag maar net - dit raak net elke dag al hoe erger. een van die dae gaan julle elke dag se... hy is nou soooo oulik, ek geniet hom nou soooooo! en dan more se jy weer, hy is NOU sooooo oulik! :) KIDS IS NET DIE GROOTSTE BLESSING ONDER DIE SON!!!!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173734 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Mmmm die cracker broodjies is lekker! Het jy dit al met maaskaas, tamatie en komkommer ge-eet? Jy moet dit net maak en dan dadelik eet, anders is dit 'n aaklige pappery. :huh: Ek het amper joghurt gegryp, maar besluit die kans vir ongeluk is 100% as mens dit eet terwyl jy bestuur. :dry: Die borsmelk klink na 'n oplossing, sal net 'n spesiale strooitjie moet ontwerp om dit by te kom. ;)

Nou waar is almal vandag? :side:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #173727 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Breakfast was koffie... en ek ken daai bun on the run, maar ek kan mos nie brood eet nie en cracker bread breek... yoghurt willi self in die mond klim nie! Ek het al gewonder hoekom ek nie net self bietjie kan borsvoed nie... dit sou so gerieflik gewees het om jou koskas op jou te dra.

Hier ook lekker koud, maar oopgetrek. Ek sien daar kom nou so 'n paar wolkies in.

Het darem nou 4 cracker broodjies met BAIE kaassmeer en marmite op in :) :)

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account