file Oktober mammies 2010

15 years 7 months ago #173397 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More dames!

Melody jy moet vir Kayla oppas! Kan ouma nie by julle huis na haar kom kyk nie? Dat sy glad nie in hierdie koue weer uitgaan nie? Siestog, arme ou dingetjie!

Dankie vir al die gelukwense!

Melody ek puree glad nie Mare se kossies nie, ek mash dit net. En dit lyk nie of dit hom pla nie en hy het ook nog nie verstik nie. So "so far so good"! Die butternut en patats is fyn, maar die wortels het bietjie klein stukkies.

Gerne bly die training is verby! Veral as dit so boring was!

Anina julle sal moet 'n foto neem. Ja die ander tandjies le nou voor! No. 2 sal seker binne die vlg 2 weke opdaag! En nou wil hy eers alles opeet! :silly:

Ja Elaine, waar is die pryse?

Lekker dag! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #173395 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!!

Ek sien op facebook Elise se Samantha kruip ook!

Jitte maar dinge is hectic hier by my. Ek voel of ek nie grond vat nie. Het net bietjie baie op my bordjie deesdae. Gelukkig gaan dit vreeslik goed met alles op die oomblik, maar te veel van 'n goeie ding is ook nie noodwendig meer goed nie. My gesondheid is besig om af te chop, ekseem op my hande, karkaatjies in my oe iewers sal ek iets moet opgee.

Hoop dit gaan goed met almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #173375 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Aai julle, Kayla hoes sleg en my ma se sy sukkel om asem te haal as sy so hoes. so ek het weer n dr apspraak en sommer fisio ook - sal sommer dan stop vir biostrath ens. hoop regtig hulle kan help voor dit te erg raak.

Elaine, waar is daai pryse jong...ons wag.

O ja Christa ek het skoon vergeet - geluk met die eerste tand.

wie van julle gee julle babas al lumpy food?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #173312 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Elaine, ek sal graag vir Henko en Ruben 'n slaappakkie wil bestel, dalk van dieselfde materiaal... springbok LOL

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #173308 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
more more

ek het julle gemis... en baie uitgemis!

die training was BOooo-ring!

Christa, baie geluk met Maré se eerste tand !! Whohooo

en Carmen, ek het iewers die kruip gemis, wow geluk man. jis dis vroeg!!!! jou dogtertjie is te pragtig!!! (jammer ek vat so lank met jou hoedjies, ek voel al so sleg... belower jy sal dit maandag kry)!

Ek het 'n baba kombers gemaak maar vrek dit was baie werk, moet hom vanaand afwerk en more oggend pos kaap toe. dis vir 'n babyshower so die pressure was aan. Ek sal nie sommer vir dit adverteer nie want dis gagga werk.

Melody, hoop kayla is gou beter, ai tog wonder wat is fout jong.

Anina, lekker om kaalvoet te gaan werk, het seker weird gevoel LOL En geluk met nog 'n nr 2 in die pot !

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #173253 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Aai toggie-kayla het n moeilike dag gehad-sy wou nie lekker eet nie en het n paar keur slym op gegooi, ek neem aan dis n goeie ding want dan raak sy at least van van die slym ontslae...

Wag nou vir vriende om te kom kuier...kayla slaap reeds-hoes terwyl sy slaap-ek sou nie omgee om self te gaan slaap nie.

Dinge by die werk is redelik stil so my dag het gedraaaaaag!!!

Christa ek dink ek sal al more na werk stop vir ietsie vir kayla se imuun stelsel...arme mensie het n boost nodig.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #173237 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Baie geluk Christa met Mare se eerste tand!!! :woohoo:

Anina, dit klink asof dit 'n baie cool idee was om sonder skoene te loop, ja dis sad om te dink dat ons baie baie pare skoene as vanselfspreken aanvaar en ander mense het niks :blush:

Ok, ekke is nogsteeds by die werk, wil nou amper oppak, dit gaan maar besig hier :blink:

Lekker aandjie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account