Hi julle almal!
Ag my jitte Carmen, kyk net daai ou lyfie! Sy staan so mooi! Jy sal maar saam met Riley 'n multivitamien moet begin drink om by te hou.
Bly al die siek mammas voel weer beter, baie sterkte met Kayla Melody!
Hoop sy's sommer gou oor die slym en siek wees.
Ilse se boudjiies het die naweek gebrand.

Sy't basies nooit 'n poefdoek in die nag nie, maar Sondag oggend vroeg toe sy dors is ruik ek 'n doek, dit was nie eers baie nie, maar toe's haar boudjies al bloedrooi. Dit raak gelukkig nou al beter (en lyk nie eers of dit haar veel pla nie), ek laat haar maar so rukkie kaalbas lê na 'n doek ruil en smeer Sudocrem aan.
Verder gaan dit goed, gister by vriende gekuier vir haar verjaarsdag en was dit 'n feesmaal!! Myself trommeldik geëet en toe kry ons sommer 'n doggy bag huis toe ook, so vanaand was sommer net oorskiet.
Sterkte met manlief wat nie by die huis is nie Christa, ek sien gewoonlik ook voor die tyd uit na bietjie "me-time", maar as hy uit is by die deur mis ek hom al klaar en klink al my alleen planne glad nie meer so lekker nie.
Ek gaan sommer vroeg in die bed klim vanaand, hoop almal het 'n rustige aand!