file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #162719 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
julle my internet uiteindelik weer aan na die trek. die huis is nog so vrek deurmekaar, ek weet nie of ek dit ooit gaan netjies kry nie. se asb vir my dit word beter, julle wat onlangs getrek het.

ons moet nog die kantoor bou, so die kantoor se bokse moet nog vir n maand hier rond staan, nie regtig ander plek om dit te sit nie.

hoekom sien ek niks hier van Elise nie. ek sien op fb sy is weer swanger! Goeie genade, dit was vinnig Elise!! Alle sterkte en mag alles goed afloop.

stefan eet nou al 2 blokkies (50ml) butternut. ek dink ek moet dalk meer begin gee, want hy het gistermiddag nog gesoek. dit is vir my die mooiste ding as n baba begin eet. hulle is so gewillig!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #162613 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeiemore

Melody, shoe baie geluk met die tande jong, jy moes kom brag het :) (of het ek dit gemis?) Vinnige meisiekind van jou!

Carmen, sterkte met die werk jong.

Ruben het gisteraand net 1 keer wakker geword! seker omdat DH na hom gekyk het :P Ons het gisteraand begin om beurte te maak want ek werk ook mos nou. so een aand is ek aan, en een aand af!

lekker daggie

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #162583 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ekke is jammer ek is skaars, moes nou baie vinni deur alles scan!

Ekke werk my alie af en ek weet nog nie of ek kom of gaan nie???? Dis bietjie stresvol vir my op die oomblik!

Sterkte met die siek babatjies en sterkte met julle werk jong! Ekke wil sommer net die lottery wen!!!!

Riley gaan Maandag weer vir 'n weeg ens. En haar inspuitings!

Lekker aandjie xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #162581 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Aai julle, vandag was regtig moeilik, kayla is darm beter, die koors isi meer so erg, maar my ma was kapoet toe ek haar gaan optel het. Die traffic was erg en na dit als was ons eers net voor 6 by die huis...ek is niks lus vir more nie, hoop regtig net kayla voel darm bietjie beter.

Ek het met hul by die werk gepraayt en hul het gese hul sal sien of daar n halfdag pos erens vir my is,maar ek moet patient wees...sug!

Gerne,kayla het al 2 tande, die 1ste een het uit gekom n week na sy 4 maandjies was en die 2de 1 so 2 en n half wekies latern sy is nou komende Sat eers 5 maande.

Anina, hoop jou aand is beter en jou melk word vinnig vol.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #162496 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle, wat 'n dag!

My tweetjies het natuurlik aangevoel mamma is gestres, toe het ons 'n horrible nag gehad. Altwee het om die beurt elke uur wakker geword. Claudia 12 uur, Stefan 1 uur, Claudia 2 uur, Stefan 3 uur, Claudia 4 uur en toe staan Stefan sommer 5 uur op en belsuit slaap is vir die voels, en Claudia half 6!!!!!

Dinge by die werk is darem nie te erg nie, lyk of ek sal kan manage. En dit lyk of Paulina heel goed gecope het met die twee. Behalwe dat Claudia besluit het sy slaap nie vandag nie... Toe ek 11 uur vir Paulina bel het sy nog niks geslaap nie. Toe se ek sy moet haar op haar rug vasmaak, dan sal sy wel een of ander tyd aan die slaap raak. Dit het blykbaar gewerk en sy slaap toe vir so 'n halfuur. Natuurlik toe ek nou eers terug is, het sy gulsig tietie gedrink en toe vas aan die slaap geraak. Sy het my seker maar bietjie gemis.

Melody, ek weet presies hoe jy voel. Gelukkig soos Gerne se hoef ek darem nie die kids af te laai nie. Maar ek belowe jou dit word beter. Ek kan net nie altyd die punt daarvan insien nie. Almal se altyd, ja die kids moet dit maar gewoond raak, maar dan wonder ek, hoekom? Hoekom is dit nodig dat hulle daaraan gewoond raak? Hoekom kan ek nie maar net by die huis bly nie? Maar ons budget laat dit nou glad nie toe nie!! Miskien kry jy daai halfdag pos, dan is dinge bietjie makliker.

Julle, ek dink my lyf is in skok! Ek het NIKS melk nie!!!! Ek het 'n hele volle 50 ml uitgepomp gekry by die skool. Lyk my my ou doggie kry van more af bietjie bok melk as byvoeding...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #162314 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal.

Jammer ek was MIA.

Vandag was nie vir my so moeilik nie, dink dit help dat ek hom nie hoef te gaan aflaai het nie, gelukkig het Ruben nog geslaap toe ek ry so ek het net 'n soen gegee maar Henko was 'n ander storie. hy het gehuil en gese: Nee, buite speel - elke keer as ek wil groet. hy was omtrent in trane. maar nou is hy oraait, hy was besig om 'n boom uit te klim toe ek bel so ek kon nie eers met hom praat nie. En Ruben is okay!

Ons het Saterdag 'n pampers get together by my huis gehad. dit was soveel pret. die kids is almal Jan 09 babas soos Henko en hulle het so lekker gespeel. en dan is daar 3 babas so oud soos ruben!

Melody, dit sal so bietjie makliker raak, die eerste week is maar moeilik jong.
shame ek dink aan almal wat hul kids moes gaan aflaai het vandag!

Carmen, jy is seker al lekker gesettle want jy werk darem al 'n klein rukkie.

Melody, love die pics van Kayla - kyk net daai rolletjie beentjies, dis net te oulik hoor! Het sy al 'n tand? jy moet bly wees sy sny so vroeg, dit maak dit bietjie makliker want die gums is nog bietjie sag.

Henko was op 05/05/2009 presies 5mnde en 5dae toe sny hy sy eerste tand :) En hy het vreeslik maklik gesny, net elke keer gesien hy het nog 'n tand.

Nelita, Stefan is pragtig, so groot geword ne.

Christa, shoe jy is bevoorreg met M wat deurslaap en in sy eie kamer ne. dis 'n goeie ding.

Ek dink ook sterk daaraan om R te skuif want as ek 6uur begin klaar maak pla ek hom maar ek is ook maar bang, Henko slaap deur en as ek nou vir Ruben daar inskuif is ek so bang hy maak sy boetie wakker, hy word nog een keer wakker.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #162267 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Ok, so dis my eerste dag terug by die werk en dis nag. Ek huil amper nog heel oggend. Ek voel so alleen en hartseer. Hoe doen n mens dit?

Dr het vir kayla antibiotika gegee, ek hoop regtig sy word gou beter, dit maak dinge net moeiliker.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account