file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #162147 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle

wow christa lekker vir die deurslaap

xander het lekker snotneus ! voel glad nie lkr , ogies rooi en traan heeltyd ! hy slaap so sleg ! hoop hy is vinnig beter

Hoop julle het n lkr week

Baai

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #162042 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek kan wraggies nie glo ek moet more terug gaan nie!

Melody, ek bid vir jou dat jy daai werk kry. Sterkte met Kayla se snot neusie, jy moet maar nr 5 tissue soute gee, dit werk gewoonlik vir my kids. En ek raak eers bekommerd oor koors as dit bo 38 gaan. Maar elke mamma weet die beste wat werk vir haar kind. Sterkte met die dokters afspraak, ek haat dit om met 'n siek kind te moet sit en wag vir 'n dokter...

Christa, eks bly julle het 'n oulike dagsorg gekry. En ek hoop vandag gaan ok, sterkte met die res van die week.

Is daar enige vakansie dae in Maart? Ek het bietjie aansporing nodig om die maand vir myself korter te laat voel.

Hoop almal wie se laaste dag dit is, geniet dit!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #162018 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, dis goeie nuus en hy is wraggies n ou bulletjie.

Kan julle glo Kayla sal vandag begin met n ou loopneusie....dit maak dit moeiliker om more terug werk toe te moet gaan.... ek het n afspraak by die dr vir 14:30 sal maar sien wat hy se, haar koors is net oor die 37 so ek wil nie kanse vat nie....

Het ek al genoem dat ek Woens n onderhoud het vir n half day posisie.....help asb deur n gebedjie of 2 op te stuur dat ek dit sal kry.....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #161758 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle! Hoop almal geniet more saam met die kleingoed voor julle begin werk. Ek val more in! Is glad nie lus vir die gemors wat vir my wag nie! Maré gaan na Bokkie Dagsorg in Wolmaransstad. Oulike mense, net 7 kids, Maré ingesluit. Ons ou bulletjie weeg op 5 maande al 8,75kg en is 71cm lank. Kop al ñ hele 47,5cm. Ons was gister Homemakers Expo toe by die dome. Mensig dit was besig! Maré het dit heel goed hanteer en die nuwe baba voeding en doekruilstasie is nogal oulik ingerig. Melody en Nelita die fotos is pragtig! Ag ek wens Maré se tande wil nou uit kom! Hy is erg ongemaklik en mislik met die gejeuk! Is skoon knorrig! En nou brand die poef hom ook nog! Ek smeer Sudocrem aan, hoop dit help! Ek kan nie meer onthou wat almal geskryf het nie. Hoop dit gaan goed! Carmen hoop jy het die naweek lekker gerus en die 2de week gaan beter! Lekker slaap! EK VERGEET MY GROOTSTE NUUS! Maré slaap van Dinsdag aand af in sy eie kamer sonder enige probleme en hy slaap al die laaste 3 aande deur! Mamma se groot seun!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #161668 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Dankie tog dis naweek! Ekke is flou gewerk!

Nelita, die fototjies is pragtig!!

Melody ek sal duim vashou vir die halfdag werk! Ek sou love om halfdag job te doen, maar ek kan nie enige salary cut bekostig nie :(

Riley pas nogsteeds baie goed by die skool aan, dis net all smiles as ek haar aflaai en oplaai!

Daar is mos 'n suster wat een keer 'n dag inkom na die kleuterskool, dan weeg sy die baba's en meet hulle ens.

Riley weeg nou op 4 maande 'n hele......5.7kg! Sy het wel baie gegroei in lengte!! Nee kyk, lyk my sy is maar net 'n fyn babatjie, want al is sy baie klein is sy besonders sterk en aan die gang! Sy beweeg nou al die hele vloer rond!

Die gums jeuk ook vreeslik, sy wil net alles vreet, maar ek sien nog niks tandjies wat uitkom nie.

Ok, ons moet nou gaan groceries koop!

Lekker daggie xxxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #161623 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Kayla se 2de tand is nou ook besig om uit te kom en sy sal eers 5 maande wees oor tien dae, ek voel so jammer vir haar.

Ek gee haar vrugte in die oggend, groente vir lunch en dan bietjie pap vir aandete. Sy drink minder melk,maar om eerlik te wees het ek maar nog altyd gesukkel om haar te kry om haar bottel te vat. Ek gee nou vir haar rys pap maar het haar eintlik begin op nestum se first cereal. Ek weet hul se melk is die mees belangrikste, maar met haar wat so n probleem eter is weet ek at least sy kry iets in.

Ek het Woensdag n interview vir n half day job, bid asb dat dit die regte opsie vie my is...ek sal dit regtig so baie verkies.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #161598 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Sjoe, lyk my almal is so besig om die laaste daggies van die kraamverlof te geniet, niemand kom eers hier uit nie!

Melody, bly julle het die vakansie geniet, jou fotos is baie cute!!

Petro, lekker om weer van jou ook te hoor. Jy is bevoorreg om net 3 dae te moet ingaan, ek wens ek kon van die huis af skoolhou... Claudia drink nie minder nie, sy eet tussen melk voedings, as ek haar nie kos gee nie, sal sy nie 4 ure uithou nie. Sy drink nou bedags elke 3 ure, net as sy pap of groente gehad het hou sy langer.

Nelitia, jou fototjies is ook baie oulik, ons het nog nie regtig vir ou Stefantjie gesien nie ne. Nou vang ons sommer bietjie op.

Hoop julle het almal 'n great naweek!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account