file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #142087 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle, die boek is 'n great plan om mens besig te hou terwyl jy borsvoed. Julle sal net vir my lag as ek se wat ek lees... Dis 'n wetenskaplike storie boek, nie fiksie nie, maar die biografie van Einstein se vergelyking E=mc2. Dis briljant geskryf en vertel die stories agter die uitvinding van energie, massa, spoed van lig, self die = teken het 'n storie.

Dis defnitief iets wat ek verpligtend gaan maak vir al my Cambridge A level studente volgende jaar. En die boek "A short history of nearly everything" deur Bill Bryson ook. Dis weer 'n wetenskap boek geskryf deur 'n travel writer wat niks van wetenskap af geweet het nie en wou uitvind. So dis in totale lay-man's terms geskryf, en hy sit ook vreeslike funny goed in oor die wetenskaplikes en die uitvindings. Ek almal kan aan 'n funny storie dink wat in 'n skool lab gebeur het, imagine net die funny goed wat aangaan in 'n chemie of fisika lab waar nerds elke dag met die stuff werk en flops maak...

Ek het vir Johan gese hy moet by 'n 2de handse boekwinkel vir my 3 boeke gaan koop vir Kersfees, hy het sover ek kon uitvis 3 Willbur Smith boeke gekry, ek kan nie wag daarvoor nie!

En skielik gee ek nie meer om as sussie 'n halfuur lank suig nie, ek kan nie die boek neersit nie!! Hy is nou 'n permanente addition tot my doeksak!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142040 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Jammer dat ek so min inloer. Is maar hier rond, is net bietjie besig. My twee oudstes kuier al van Sondag af by my ma hulle. Ek sit met die twee jongstes en hulle hou my besig.
Ek moet nog vandag last minute shopping gaan doen, moet nog 'n paar goed kry.
Ons het gister half 5 die winkels aangedurf om vir die kinders geskenke te gaan kry. Nadia was so soet gewees, ons was vir 2 ure in die winkels gewees, ek het haar in haar ring sling gesit en sy was stroopsoet.

Ons ry more na my ma hulle toe, gaan eers skoonma oplaai want sy gaan saam, dan hoef ons nie te baklei oor waar ons Kersfees gaan spandeer.

Christa, Mare het pragtig gelyk met sy doop. Ek wou vir Nadia in Januarie gedoop het, maar dit lyk of dit nou eerder Februarie gaan wees.

Anina, die boek klink na 'n baie goeie idee.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142039 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Baie dankie Anina! Ons is baie gelukkig en super trots op ons seuntjie! En dit was wonderlik dat sy oupa hom kon doop. Ek het intussen sy name se betekenis gaan opsoek. Maré beteken Die See en Johan beteken Geskenk van God. En hy is regtig die wonderlikste geskenk! En dit was so lekker om self sy pakkie te maak! Ek is skoon jaloers op jou boek! Dink ek gaan by die 2de handse boekwinkel draai maak en vir my iets koop. Is versot op lees! Jou Holiday chatters is wonderlike idee. Ons is maar min wat oor is! Ek moet nog die laaste inkopies gaan doen so ek groet eers. Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142038 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, baie geluk met die doop!! Mare se doop pakkie is pragtig. En julle lyk na stralende ouers.

Ek het gister vir myself 'n boek gekoop vir Kersfees nou sit ek lekker en lee s as sussie drink. Dit help darem ook dat ek nie heeldag na my seuntjie verlang nie.

Lekker dag almal!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142023 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
probeer weer
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #142022 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi, hier is Maré se doopfotos. Een van hom alleen en een saam met mamma en pappa. Hy was al redelik keelvol vir fotos toe dit ons beurt was.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #141934 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle! Ek is ook darem nog hier. Ons doen die tuis kersfeesding. Het mos gaan doop. Maré het pragtig gelyk, sal later foto opsit. Als het goedgegaan behalwe my stuitjie. Dr het my netnou daar ingespuit, was vrek seer! Gaan ortopediese chrurg in Januarie sien. Intussen moet ek aan die kilos werk! Ek moet ook nog geskenke koop. Winkels is ñ nagmerrie! Hoop almal het ñ lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account