file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #141645 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Mamma se poppie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141638 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Het foto gekry van Nadia se glimlag, nie beste foto, maar sal nou nou kom deel, sy drink nou.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141602 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi dames.

Shoe ons het n bedrywige paar dae gehad, nie eers kans gekry om in te loer nie. Maar sien jul was heel stil.

Petro moet jy nou huis soek? Trek jul Kimb toe? Sterkte

Ek is bly almal se xmas shopping is klaar, gelukkig het ons net vir die kids gekoop en dit was maklik.

Ons ry vanaand C toe!!! Yay. Ons is baie opgewonde. Henko vrek oor swem en die see so ek dink teen die tyd more surf hy al :).

Helene dankie vir die geskenkie. Jy is te oulik.

Ek is bly jul het dit geskuif nou kan ek ook gaan, moet net my bearings regkry om daar uit te kom, ek ken glad nie Jhb nie. Is dit baie diep in of nader aan centurion/midrand

My ma het nie die beste kersfees die jaar nie. Sy, haar kerel en my suster hul sou mosambique toe gaan al Sond en toe vryd los hy haar net uit die bloute :( hulle was 6 jaar saam. My suster kom nou maar af om kersfees by my ma te wees maar dis sleg.

Lekker daggie almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141594 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Helene sterkte met die regmaak vir die trippie plaas toe!

Elaine, aai, ek is jammer om te hoor van die huis! :(

Toemaar, my man moet ook nog wag vir sy salaris voordat hy sy Xmas shopping kan doen!

Anina, geniet jou hare sessie more!! Myne is alweer so uitgegroei, ek sal ook op 'n stadium daar moet uitkom!!

Ons gaan vir Kersfees so tussen my ma hulle wees en dan my man se boeties en sussies.Albei my man se ouers is mos oorlede.

So ons is Ou Kersaand en Kersoggend ny my ouers en dan Kersdag, aand en die dag na Kersfees my by swaer hulle.

Sien uit na lekker eet!!! :laugh:

My ma hulle was nou in Wildernes vir 'n week en moes gisetraand terugvlieg, maar hulle vlug is gekanseleer gisetraand gv die slegte weer in George!! Lyk my die mis was vreeslik erg!!

Nou vlieg hulle vanoggend terug!

Ok, lekker daggie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141588 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek voel sommer net af vandag en het nou ook gehoor dat ons na 'n ander huis moet soek, want die huis waar ons sou intrek einde Januarie is nie meer beskikbaar nie. Die huis sou ideaal gewees het vir ons.

Het nog niks kersgeskenke gekoop nie, ML het nog nie sy salaris gekry nie en weet nie wanneer hy dit gaan kry nie en hy vra ook nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141573 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal,

My mosaiek foto rame is klaar! Grout en al.

Helene, sterkte vir die lang dag. Ek het darem bietjie kans gekry om laat te slaap. Met laat bedoel ek nou tot 7 uur. Stefan het alweer gisteraand 'n nagmerrie of iets gehad, ek sien daar is nog 'n kiestand wat uitkom so dit pla hom seker.

My skoonpa kom vandag terug van Mali af, ons gaan vannaand daar kuier sodat hy vir Claudia kan ontmoet. Shame, hy is so opgewonde om haar te sien, hy stuur al die afgelope week elke dag vir my boodskappies op facebook en hy het al 3 keer die week gebel. Ons gaan vir Stefan sommer bietjie by hulle los vannaand, dan gaan ons Vrydag weer soontoe vir ou Kersaand en slaap daar sodat ons Kersdag daar kan wees. So my ou seuntjie gaan die hele week daar wees en ek gaan hom eers Vrydag weer sien. Maar dit kan nie anders nie, hy is 'n handvol en dis nag om hom en sussie hier te he sonder die nanny.

Ek moet nou nou nog 'n paar goedjies gaan koop voor ek vir S by sy ouma kan los. Sy kan nie met my lap doeke cope nie, so ek moet gaan doeke koop. En 4 van sy nr 2 NUK tiete het spoorloos verdwyn. Nou is daar net twee oor waarvan een geel gevlek is van mango sap, so ek moet daarvan ook gaan kry.

Ek moet nog die laaste Kersfees shopping ook doen, maar dit sal ek doen as Stefan weg is. Gaan more bietjie my hare laat sny en kleur, ek sien so uit daarna!

Lekker dag almal, Carmen, ek dink dis omtrent net ek en jy wat nog hier kuier die week.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141562 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo. so kry elkeen sy beur om vroeg oggend hier te wees....

julle sal my nie glo nie, maar lance was vanoggend 4 uur wakker. soos in op staan wakker, hy het baie stories gesels en rond gehol in die huis ens. ek moes maar opstaan, anders het hy die huis af gebreek. hy het nou (8uur) weer aan die slaap geraak voor die TV! nou kan ek nie gaan slaap nie, ek het n hoop goed wat vandag gedoen moet word. ons ry more plaas toe.

nou maar laat ek nou nie heeltyd hier sit nie, ek moet gaan stort terwyl al2 slaap.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account