file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #141525 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

E het darem my Kersfees shopping klaargemaak, vandag speel my man bietjie golf en ek is maar net rustig by die huis :-)

Lekker daggie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141495 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Dit is maar so stil.die tyd van die jaar Carmen. Ek onthou laas jaar was pampers forum omtrent.dood oor die Kerstyd.

Die Kers seisoen het defnitief in Jhb aangebreek. Almal is op vakansie. Ek het vanoggend gou Stefan se hare laat sny, toe kry ek parkering reg voor die winkel en stap sonder 'n afspraak in die besigste kindersalon in jhb in en word dadelik gehelp. Selfs by fourways mall kon ek van buite af sien daar is baie oop parkeerplek. So ek behoort die week in redelike vrede my Kers inkope te kan klaar maak.

Ek is goed aan die gang met die mosaiek!! 3fotorame is klaar geteel en nog een amper klaar. Dan is daar nog 4 oor en dan moet alles nog grout kry en droog word. Maar eks bly ek het besluit om dit te doen, dit lyk stunning.

My arme man voel nou hoe ek elke oggend voel voor die bediende kom. Dis nag om hierdie tweetjies alleen op te pas. Hy moes nou vir 'n halfuur na altwee kyk maar Claudia het by hom gesit en slaap toe raak Stefan jaloers en kom soek aandag by sy pa en klim sommer bo op sy sussie.

Lekker aand almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141494 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Oraaitie, is ek wraggies die enigste een op Moomie vandag?? :blink:

Ok, het 'n heerlike daggie gehad by die mall, my een vreindin het saamgekom en ons het nounou lekker geeet by Mugg & Bean :woohoo:

Ok, lekker aandjie julle :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141463 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Dankie Helene, sien baie uit om t sien wie trek daai gelukkige lootjie!

Gaan vandag weer die shops slaan, ek moet ook nog 'n geskenk mos vir my anner helfte gaan kry!

Dis regtig warm hier!!

Lekker daggie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141452 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro, my baba drink ook elke 3 uur, of selfs minder...strech soms in die nag bietjie langer, maar bly op sy 3 ure.

Anina, jy sal deurnag moet mosaik!!

ok toedels julle. ek sal dalk nog oor die naweek inloer, andersins gesels ek eers weer volgende jaar met julle!!

o ja! Ek het n persentjie na Christa toe gestuur waarvoor julle moet loodjies trek as julle saam kuier. Net die wat kuier se name gaan in n hoed!! Christa is in beheer daarvan. christa, ek hoop jy het al die pakkie gekry.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141439 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Helene, geniet die tydjie by jou familie! Dis so kosbaar om die spesiale vakansie dae saam met familie te spandeer. Mag julle werklik 'n geseende Kerstyd beleef. En lekker rus met die besigheid wat bietjie toe is.

Ek het nou uiteindelik alles wat ek nodig het om te begin met my mosaiek Kerspersente... wat 'n gedoente om alles te kry!! Ek het gedink omdat dit so 'n gewilde stokperdjie is sal mens maklik kry wat jy wil he, maar moenie glo nie, dit is wild. Ek sal more oggend moet wegspring en mosaiek dat dit by my ore uitkom as ek betyds wil klaar wees vir ou Kersaand.

Dan moet ek nog vir my skoonsus 'n present koop en vir my man, en dan is ek klaar. Ek het net geen idee wat om vir die twee te koop nie! My man se speelgoed pas nie in my Kersfees budget in nie so ek sal iets goedkoper moet uitdink.

Lekker aand almal.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #141437 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, danie vir die mooi wense!! Mag jy en jou gesin ook 'n heerlike Kersfees he gevul met vreugde, liefde en obviously lekker VREET :laugh:

Petro, ag ek is bly, ek kan dink dit gaan jou lewe bietjie makliker vir jou maak? Skies, ek het ook al vergeet, wat is die dorp se naam?

Het my laaste geskenkies gekoop, so ek is klaar, behalwe vir my man, maar ek weet wat hy wil he...enigiets golf....

Lekker middag vir julle

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account