file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #137560 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!

Sjoe, wat 'n krampagtige nag... gelukkig hou hulle nie vir altyd so aan nie ne!

Petro, shame man, ek dink baie aan jou. Sterkte en ek hoop Xandertjie word vinnig weer gesond!!

Helene, ja dit kom en gaan maar so, jy sal dit nie noodwendig elke maand kry nie. Ek het met Stefan 3 keer in 9 maande gekry. En dis ook nie 'n goeie aanduiding van wanneer jy ovuleer nie, alles is maar lekker deurmekaar terwyl mens borsvoed.

Lekker dag almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137545 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene het gelees wat Elaine gesê het. Dit kan enige tyd terugkom. Belangrikste is om te onthou jy ovuleer steeds, dus kan jy swanger raak, al is daar geen menstruasie nie. Petro Maré het juis met sy 6 wke ent nie die rotarix gekry nie, daar was nie voorraad nie. Volgens wet moet dit enige tyd vanaf 6wke tot 12mnde toegedien word. Die ander super belangrikd ding is hande was! Of jy toilet toe was, of ñ doek geruil het, was jou hande! Maak ook sekes almal wat met hom werk was hul hande! Dis skrikwekkend hoeveel mense toilet toe gaan en nie hande was nie! Kyk bietjie wanneer jy ñ openbare toilet gebruik! En netnou loop hulle met daai piepiehande en eet! Baie sterkte vir julle! Maré het sy bottel verslind, so dis terug bed toe vir ons! Lekker verder slaap!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137541 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai petro, xander is omtrent ongelukkig met die siektes. Alle sterkte vir jou, slaap jy in stoel by hospitaal of is daar darm bed vir jou?

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137536 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

hopo dit gan goed met almal - ons nog in die hospitaal. die urien kweking kom eers donderdag om te kyk of die blaasinfeksie opgeklaar het

maar hulle het vandag ander uitslae gekry. hy het rotavirus adenovirus. die rotavirus veroorsaak gasto en maagpyn en die adeno virus tas sy kliere aan en maak hom koorsig. dis baie algemeen by kinders - hy net unlucky om dit nou te kry.

een van julle het nou die dag gepraat oor ent op 6 weke of 8 weke. mens het 'n keuse of 6 of 8 . die 6weke een is 3 spuite en 1 druppel en die 8weke is 2 spuite (een kombo van 2 en een apart) en dan een druppel. dit word maar net deur verskillende companies gemaak - dis hoekom een 'n combo is en ander nie. As julle privaat ent is die 8 weke opsie heelwat goedkoper. onderander is rotavirus wat Xander nou het - een van die dinge op 6/8 weke - kan julle glo !!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137533 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, mens kan of jou periods dadelik terug kry of glad nie dit kry terwyl mens borsvoed. Ek het al altwee ondervind. Met my eerste een het ek glad nie gehad tot ek opgehou borsvoed het nie, met my 2de en 3de een het dit binne 'n paar weke terug gekom. Hoop met die een bly dit sommer weg....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137530 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle raad asb. Ek het vanogg my periods gekry?? ek dog ek kry dit nie as ek borsvoed nie, of was ek onder verkeerde indruk?

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #137525 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, ek like jou aandete foto!!

Helene, ek gebruik al van dag een by die huis af my lapdoeke. Dit werk baie lekker. Veral op die dae wat Claudia besluit om 5 keer binne 2 ure te poef, dan mors ek nie 5 duur doeke nie...

Die ou fototjies van al die babas is te pragtig. Weereens geluk Elaine!

Lekker aand almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account