Elaine, ag shame man, alle strekte xxx
Jy is in elk geval 'n supermamma met al jou meisiekinders!! Ekke het ook nou die dag (en dis vreemd vir my, ek is 'n baie gelykmatige mens, ek het nie "oppe" en "affe" nie) huilerig gevoel en hartseer en snaaks, voor ek my kon kry toe le ek en tjank op die bed!Maar ek glo 'n lekker huil, maak nie saak hoe simpel nie,laat mens ontslae raak van allerhande dinge wat pla! Mens huil mos dan sommer oor alles in jou hele lewe!
Petro, ekke hoop regtig julle kan amper huis toe gaan! Ek is nes jy, ek moet ook eet sodra ek my oe oopmaak, en ek sal ook nie happy wees as ek nie ietsie ordentliks kan kry om te eet nie! Sterkte vir jou en klein Xander!
Anina, sterkte daar met S, hoop die oukie word nie erger nie! Well done met jou rapporte!!
Ek het gisetraand 'n paar close vreindinne genooi en ons het wyn ek kaas en beskuitjies geeet! Dit was heerlik, ons het soveel kaas geeet mense, en dit was lekker net ons girls, my man het maar gaan krieket kyk by die O Hagans by ons, sodat hy nie na al ons stories hoef te luister nie, en ek het na Riley gekyk, was bietjie my beurt
My vriendin se seuntjie is 18 maande en hy is pragtig!! Maar mensig hy is besig! Ek het net weer besef ek het GEEN idee wat vir my voorle met kinders daai ouderdom nie! Maar ek neem aan dogtertjies is rustiger as seuntjies!
Al julle seuntjie mammas, ekke haal my hoed af vir julle!!!
Die oukie het babapoeier op die badkamervloer uitgegooi, as hy joghurt het, dan eindig it op die vloer op en was ook oor my koffietafel gesmeer. Hy het perdjie gery op my 2 honde se rug en sodra jy 'n kas of yskas oopmaak, dan probeer hy alles gryp wat hy kan kry!

Hy probeer ook heeltyd my groente in die groentemandjie in die asblik gooi as jy nie kyk nie.
Eish, ekke is nie heeltemal gewoond aan dit nie