More julle
Oo, dis darem lekker bewolkte reenweer vanoggend, dink ek gaan sommer heeldag in die bed bly!!
Christa en Gerne, ekke maak Riley se melkies gewoonlik so 20 sekondes in die mikrogolf warm, maar partykeer het ek nie die kans nie, dan drink sy dit sommer so koud, en dit lyk nie vir my asof dit haar pla nie, so ek dink Christa is reg, dit maak nie saak nie?
Riley het deurgeslaap, ekke is so bly! So ek het 'n beter nagrus ingekry!
Julle, ek kan so lag vir haar, so "praat" 'n hond uit 'n bos uit! Dis die cuteste klankies wat sy maak heeltyd!

En dan as sy bottel drink, en sy sug so voor sy verder drink, is net so cute!
Ek moet se, sy is nou maar eers 5 weke, maar daar is 'n aansienlike verskil tussen pasgebore en nou! Dis darem maar amazing hoe hulle ontwikkel en groei in so kort tyd! Die nekkie wat sterk is, die bene wat heeltyd skop, die klankies, hoe sy alles dophou ens.
Ek is seker ekke verveel julle al met my gespoggery
Ek sit juis gister so en dink...wie sou gedink ons groepie sou so lank met mekaar al gesels en mekaar so goed ken...ons weet presies hoe elkeen van ons Moomies se persoonlikheid is, hoe ons oor goete sal reageer ens...en ons het mekaar nog nooit eers gesien nie
Ok, ekke gaan nou terugklim in my bed en hopelik slaap Riley gou weer..