file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #136963 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne my sus se seuntjie met twin sussie was Julie 3 en nou eers van doeke af. Henko sal sê wanneer hy reg is. Ek is ook gebore met min en donker hare. Dit het later ñ bos spierwit hare geword. Dis steeds ñ bos, maar ek kleur dit nou blond. Eie hare is ñ aaklige muisvaal kleur. Ek haat dit! O ja, hoe gaan dit met die lapdoek mammas? Anina is mos al ñ pro, maar die ander van julle? Ek haal nog steeds my hoed af vir julle! Weggooi doeke is net soveel makliker.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136951 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene - is L al gepotty train? H is nou 22mnde en se nog glad nie as hy pieps of poef nie. Moes hy nie al begin se het nie?
Geniet dit sonder L man! ;) amper is die chaos weer terug!

Christa, R het ook baie min hare :). En dis baie ligter as wat H was. Hy het mos swart hare gehad en nou is dit vaal blond, maar R s'n is baie ligter, amper n rooi skynsel.

Hi Janine! R se ent wys ook nog glad nie, ek bly vergeet om te kyk maar ek sou dit seker raakgesien het. Hoe gaan dit met j en kleinding?

Petro baie sterkte jong. Dink aan jou!

Anina, ek lag lekker vir j vraestelle, wens ek kon help merk om alles te sien :)

R slaap so lekker nou al vir n hele ruk. Ekt al getan, geeet en nou gaan ek en H swem!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136940 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hy het Donderdag op 2mnde en 1dag 6,25kg geweeg en is 62,5cm lank. ñ Yslike bulletjie! Ek was bang hy is oorgewig, maar die suster sê hy is 100% in lyn met die groei kurwe. Hy is maar net ñ groter baba.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136935 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie Christa, sal maar net die armpie dophou.

Gaan goed oor die algemeen, net rowwe oggend gehad. Was vreeslik aan die huil, slaap 10 min of so, dan weer wakker en huilerig... Later nie meer geweet wat om te doen nie, maar sy slaap darm nou weer rustig.

Hoeveel weeg Mare nou? Hy lyk sommer al groot teen my 4 wke oue lyfie! :-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136933 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Janine, ek glo nie daar is ñ spesifieke tyd wat dit begin sweer nie. Maré sin het op 4wke gesweer. Ralmarie se André is amper 9wke en syne sweer nou. Ek dink hoe langer dit vat hoe meer effektief die ent. Uit onkunde kan ek egter verkeerd wees. Gaan dit nog goed met jou en Ilse?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136929 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Ag sterkte Petro! ñ Siek ou babatjie en jy voel self nie lekker nie - dink verseker aan jou!

Lekker gelag vir al die horlosie vertalings Anina :-)

Kan julle onthou op hoeveel weke het die ente begin sweer? Ilse het so harder plekkie op haar arm maar niks wat geel/seer lyk nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136928 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Haaallllooooo!!! Waar is julle almal?! :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account