file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #136919 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Kyk tannie Helene ek het hare, net nie so baie soos my moomie maatjies nie.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136916 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Siestog Petro dis erg! Baie sterkte! Hoop julle word al2 gou gesond! Dink aan julle! Anina sterkte vir die wiskunde se merkery! Dink dis nogal frustrerend om te merk. Jy sê dis ñ spesiale skool. Wat se tipe spesiale skool?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136910 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Wil net laat weet Xander se blaasinfeksie nog nie opgeklaar - hy word nou opgeneem vir 3 dae - en dan wag ons vir nuwe urien kweking ! As die blaasinfeksie nie opgeklaar het nie - moet hy 10dae bly vir binne aarse antibiotika

En hy het my aangesteek - het erge maagvirus ! Voel sommer pap !!!

Dink aan ons julle

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136897 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Shame Helene, dis baie erg vir jou! Maar dink net aan hoe baie hy dit geniet, dit is so goed vir hulle selfvertroue om bietjie onder mamma se oog uit te kom. En as julle die naweek ry, kan julle amper net sowel wag tot Maandag...

Christa, die Afrikaans was nogal pret. Maar nou doen ek wiskunde, amper klaar maar dis sieldodend! Dan het ek nog 3 vakke oor. Ek dink ek sal vannaand nog een pakkie doen en dan more die ander 2. Ek sit nog hier in my nagklere, het nog nie eers tande geborsel nie, ek merk net en gee tietie en merk en gee soentjies en merk...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136871 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
lance kom eers volgende maandag terug. :( my man het al gisteraand gesê ons moet maar die naweek ry en hom gaan haal. Maar dis nie net om die draai nie, hulle bly 500km ver weg, waarvan 200km grond pad is. dis n moerse optog.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136853 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, dis skreeusnaaks! Ek het al vergeet met wat se goed kinders vorendag kan kom! Klink na pret om die vraestelle te merk! Jy sal die bewaker van die kragmeting ñ meriete punt vir oorspronklikheid moet gee! Sies Helene! Hoe kan jy vir Lance lag! Shame ek sal glo jy verlang! Jou ou woelkousie is nie daar om die huis bietjie lewe te gee nie. Toemaar dis al een dag nader aan sy terugkom!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136851 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons het baie sinne vertaal in die klas Helene, so hulle weet presies wat om te doen, hulle het net GEEN idee wat die woorde in Afrikaans beteken nie! Hulle is in die eerste plek in 'n spesiale skool, en in die tweede plek almal Engels sprekend en selfs dit kan meeste van hulle nie goed doen nie...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account