file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #136847 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
lol vir die kinners se antwoorde! :laugh: Hulle vertaal regtig letterlik!

Helene, wanneer kom Lance terug avnnie plaas?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136834 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
ek horlosie die vuurhoutjie - lmga!!! julle moet vir die kinders se dit moet n SIN wees, dalk verstaan hulle nie die vraag reg nie. Shame, dis te oulik. Jy moet hulle n punt gee vir die gebruik van die woordeboek.

Okay ek wag dan nou vir n moerse doek een van die dae...

Julle ek het altyd gedink ek is MAL om te dink dis oulik as my kind bollie. Maar Lance is vir my te cute, hy gaan kruip al vandag hy kan kruip en nou nog onder tafel of agter die gordyn weg om sy ding te doen. En dan mag jy nie met hom praat nie, hy skree net "NEE" as jy aandag aan hom gee.

ek het vanoggend gebel plaas toe, en hy vertel vreeslik baie stories, so hy is darem nog happy by ouma en oupa. ek verlang vreeslik. Die huis is so stil, ek is glad nie meer gewoond daaraan nie.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136806 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
En die wenner is: "Ek bewaak die kragmeting" - I watch the match.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136792 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, hehe, dit is baie snaaks as hulle so druk! Riley raak ook so rooi in die gesig en dan maak sy sulke snaakse geluide!! :laugh:

Gerne, 'n swembad klink vir my so lekker vandag!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136791 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle, ek merk die Afrikaanse vraestel van my graad 7 kiddies. Vir die een vraag moes hulle sinne vertaal uit Eng na Afr. Hulle het woordeboeke by hulle... Die een sin was: I watch the match, ek het nog nie een korrekte antwoord gekry nie, meeste van hulle skryf "ek holosie die gelyke" of "ek kyk die vuurhoutjie" en een het nou al mooi geskryf: "ek horlosie die vuurhoutjie" Dit is skreeu snaaks om hierdie arme siele se goedjies te merk! Ek lag myself pap!!!

Helene, Claudia het Dinsdag laas week gepoef en toe gister weer. Gister sin was huge en het aan die kante uitgeloop, haar hele wiegie en kombersies was besmeer en natuurlik al haar klere. Maar dit is regtig normaal.

Ons het ook Vrydag jaar eind funksie, maar ek dink nie die mense by ons skool besit formele klere nie, so dis sommer net lekker casual.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136782 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Elaine, kom jy saam kuier 5 Januarie? Daar in fourways. Pm jou selnommer vir my asb?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136777 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene ek het gehoor dis okay vir borsvoed. Die 1 doek in 7 dae is dan net ñ nagmerrie, want hulle maak op vir die dae gemis. Maré het op borsmelk met elke voeding ñ poefdoek gehad. Carmen Maré het ook 1 poefdoek per dag op die bottel. Normaal is glo 1 tot 4 per dag en dan kan hulle 1 dag skip wat okay is solank die vlg poef steeds soos pasta is en nie harde bolletjies nie. Maré kan tog so vreeslik druk dat sy gesiggie eintlik bloedrooi is en dan is die poef steeds sag. Dis te dierbaar! Gerne die lê langs die swembad klink heerlik! Klink my ons is almal nou opsoek na klere vir een of ander funksie. Hoop julle kom reg.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account