file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #136373 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
carmen moenie worry oor die druk nie - seker dit sal mooi gesond word

JULLE DIS PHOTO FRIDAY soos gerne gese het - ek soek daai fotos

Hier is ou Xander Pander

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136371 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, stefan se melk kom ook deur sy neus. Ek dink een van die groot goed wat my laat besef het dis reflux is dat hy sy lyfie so styf maak en koppie terug gooi en skree, dan ht ek probeer tietie gee, maar hy wou niks weeti, hyt gehuil met bors inni mond. Nou blykbaar as daar n wind is wat seer is gaan hy nie drink nie, so dan moet jy maar vryf, jy kan hom sommer lekker skud , nou nie whiplash skud nie, sit hom op jou knie en laat jou been op en af gaan, dit skud dalk nie wind los. Jong die tannie van my het die week die kind se winde gewerk, ek wou my elke keer doodlag. Ek moet se die losec help, want hy slaap nou baie beter en huil nie meer so baie nie. Jy sal maar die chocolates ook moet los, ek eet wit choc, dis die cacao wat winde maak (die suiker ook) maar ek is 'n sukker vir soetgoed, so daai winde hanteer ek maar.

Ek moet se ek was regtig in "denial". Ek gaan seker een van daai ma's weet wat dink my kinders is nie stout nie. Ek wou nie glo daar is iets fout nie, DH moes my oortuig dat hy wel moeilik is en dat sy simptome wel ooreenstem met wat die tannie van gepraat het. Ek sal dit nou by die huis monitor en kyk of dit steeds so is.

Ralmarie dalk kan jy my help met die vraag. My ouers bly 500km van ons af en hulle wil nou vir lance saamvat plaas toe vir 'n week. Dink julle dis te lank om 'n 2jarige weg te stuur. Ek weet ek sal dood die kant, maar ek wil hom nie ontneem van 'n heerlike plaaskuier saam met ouma en oupa nie. Hy is baie gemaklik by hulle en hulle is baie goed met hom. Dalk het ek julle al gfevra, praat maar net weer moed in asb!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136369 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene, my skoonma het sommer nommer 1 en 2 gekoop, so ek wissel dit af. Dit klink my ons DVD tye is presies dieselfde!!!
Ja ek beveel defnitief die Jan de Wet DVDs aan. Maar koop die hele stel, dit raak bietjie erg om na dieselfde liedjies oor en oor te luister. Ons doen een 'n dag en nou is dit Jan de Wet een dag en Lollos die vlg dag, dan raak ek nie so uitgeluister aan dieselfde DVD nie. My bediende sing al saam, sy ken die liedjies so goed na een week sy sing dit al vir Stefan om hom aan die slaap te kry!

Stefan is nou 17 maande. Hy raak regtig nou oulik en begin mooi verstaan. Hy kan nou selfs ietsie gaan haal as ek vir hom vra en hy is baie trots op homself as ek hom stuur om vir my iets in die asblik te gooi. Maar dis vir my die oulikste as hy vir my kom verduidelik wat hy wil he. Hy bring sommer sy koppie en dan wys hy na die kombuis toe sodat ek vir hom moet koeldrank maak.

Hy het ook net 5 min op 'n bors gedrink en was 'n groot gesonde baba, so moenie daaroor worry nie. As hy sterk genoeg suig, suig hy genoeg melkies uit in 5 min. Dit was nogal lekker want dit maak voedings baie vinnig en effektief. Sussie drink langer en vandag het sy dit nou in haar kop om net so 5 slukkies te vat dan slaap sy, dan wil sy weer na 10 min drink. Bietjie irriterend maar nou ja...

Gerne, eks een van daai mammas wat 'n handsak dra en dan sommer 'n klein sakkie vir 'n doeksak. Ek vat 3 doeke en 'n pakkie wetwipes en 'n paar doeksakkies saam. Dis dit. Ek haat 'n klomp parafanalia. Dis net gewoonlik 'n probleem as ons kerk toe gaan en al die ander mammas pak sakke vol speelgoed uit en my kind speel met almal se goed want sy mamma het vir hom niks gebring nie. Dan voel ek nogal effe dom.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136363 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, Lollos is defnitief die coolste, lance vertel nie 'n storie sonder lollos daarin in nie. Het julle nr 1of 2 gekry. Al2 die moeite werd!! Ek wil ook ;an der Wet se dvds kry, so jy sal dit aanbeveel? Dvd's is wonderlik in die oggende as jy wil stort en klaar maak, en laat in die middag as die dag net daai bietjie te lank raak voor pappa huis toe kom!!

Carmen, haha, ek lag lekker vir jou! Die ent is veronderstel om op die regter arm te sit. Dit moet 'n pit maak anders het die ent nie gewerk nie. Ag dis niks dat jy dit gedruk het nie, dit moet op een of ander manier uit. Dit sal mooi gesond word.

Nou kan ek nie meer onthou wiet wat gese nie. Petro, ek dink dis jy. Stefan drink net 5 minute op 1 bors per voeding, ek kan nou maar janpierewiet deur my hol fluit, na 5 min is hy klaar, dan wil hy niks verder he nie!! Ek is baie geseend in daai opsig. Hy tel genoeg gewig op en pediater reken terwyl hy optel is daar geen rede tot kommer.

Oja, anina stefantjie klink te cute! Hy gaan nou in 'n oulike stadium in. As hulle so begin praat en verstaan is hulle opvreetbaar. Hoeveel mnde is hy nou?
My stefan vat darem die dummy, ek is ook pro dummy. Hys nie vreeslik mal daaroor nie, maar ek smeer somme telement druppels op, hy MOET hom net vat!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136347 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, dis okay, ek glo nie iets ernstig gaan gebeur nie. R s'n het nog nie begin punt maak nie

Petro ek voed partykeer een en ander kere altwee borste,hang af hoe wakker hy is. Ek het gisternag bietjie opgelees oor reflux (ekt al eintlik voorheen baie daaraan gedink toe jul daaroor praat) want R het meeste van die tekens - behalwe dat hy nie opgooi nie. Hy het al n paar keer gestik in melkies wat opgekom het dat hy sommer sy asem verloor, en die melk het al by sy neusie ook uittgekom :(. Shame.

So ek weet niks van reflux nie, sal nou maar eers moet leer

Anina, S klink baie oulik!

Christa, daai sak klink na n goeie idee!

Ek dra nooit eers meer my handsak by my nie, my man vat my beursie en sel want ekt genoeg ander goed om te dra :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136334 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Dis nie so erg nie Carmen, soos ek se, Stefan sin het ook erg gesweer en die sig het alles uitgekom en hy is fine. Daar het ook nie 'n merk op sy arm oorgebly nie, mens kan glad nie eers meer sien op watse armpie dit was nie. As dit later 'n merkie los kan jy maar bietjie bio oil opsit.

Helene, ek wou nog vir jou se. Ek het my skoonma opgekommandeer om vir Stefan 'n Lollos DVD te koop vir Kersfees. Sy het dit toe laas naweek gekoop en gese ons moet dit maar solank gebruik want dit kan hom besig hou as ek met sussie besig is. Daai dvds is die coolste! Hy sit en verstaar homself daaraan, hy is mal daaroor!!! Dankie dat jy my daaraan voorgestel het.

My ma het ook vir Stefan Jan de Wet se lofkleuters DVDs gekoop, daar is 4 in die pakkie en dit kos so net oor R200 vir die stel. Hy is mal daaroor ook. Dis regtig lekker om te sien hoe geniet hy die dans en musiek, en dan is dit nog lekker Christen musiek daarby en Afrikaans. Ek is nou 'n groot voorstaander van kinder DVDs!!! Maar ek beperk dit nog steeds tot een DVD per dag, ek wil nie he hy moet 'n TV slaaf word nie... Ons het nie Dstv nie so die DVDs is al wat hy kyk, en dan 7de laan saam met mamma...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136301 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
O crap, wel ek het dit nou gedruk gisteraand, sal nie verder daaraan raak nie, o vrek, ekke het nou seriously aangejaag, ne?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account