Hallo julle almal!
Skuus ek's so stil, internet was vir paar dae deur die weer... En ander kere net as ek dink nou gaan ek lekker al die gesels lees dan word die dametjie ewe skielik weer wakker.
Dit gaan goed met ons, party dae begin ek dink ek cope met die aanpassing, borsvoed ens. en dan net die volgende dag is sy weer heeldag fussy en weet ek later nie meer wat om nog te probeer nie.

Maar eintlik kan ek glad nie kla nie, sy slaap baie goed in die nag, gisteraand so net na 7 gedrink en toe wraggies tot na 01hr vanoggend geslaap! Dis 6 volle ure! Worry partykeer dat sy te veel voedings mis as sy so lank slaap in die nag, maar deur die dag drink sy weer elke 2.5 tot 3.5 ure en tel gewig op so ek neem nou maar aan dis oraait.
Ag julle almal se babatjies is te PRAGTIG!! Sit so en kyk na elke gesiggie, elkeen so uniek!
Het darem so hier en daar opgevang van die refluks - baie sterkte, hoop dit raak gou beter! En hoop jou steitjie is ook sommer gou beter met die kussing Christa!
Ek sien julle het begin reël vir 5 Januarie vir kuier - ons is groooot miskien dan in Margate (eers nog kyk hoe lyk die finansies in Desember), maar anders sal ek dit probeer maak.
Lekker naweek vir julle almal! Ons gaan skoonma hulle toe in Warmbad, eintlik op my senuwees daaroor, dis eerste kleinkind so niemand is meer gewoond aan babatjie in die huis nie, maar ag wat, as ek in die aand moet wakker wees om haar te voed dan kan hulle maar ook wakker wees as sy dan huil.