file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #136622 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen ek is bly dit werk vir julle! Dis wonderlik dat jy jou man sy ontspanning gun! Myne speel weer pc games. Sondae terwyl ek kook en na ete is sy speeltyd. Kyk die wereld kan dan oom hom vergaan, maar dit pla my nie. En hy help altyd skottelgoed was ook. So ek gun hom dit! Sjoe dis omtrent ñ bargain by fruit & veg! Ek was nie eers gister daar nie! Het ook nie ñ advertensie gekry nie. Geniet die kuier by jou pa!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136621 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, my man geniet nie golf, hy is VERSLAAF EN VERSOT daarop :laugh: :laugh:

Nee kyk, hy love die golf game, en dis sy nou maar sy ontspanning. In die begin was dit ni evir my lekker as hy Sondae gaan speel nie, maar toe het ek besef dis sy manier van ontspan en hy geniet dit so! Hy het sommer so huppel is sy stap as hy weet hy gaan speel :blink: So nou is ek al gewoond daaraan ;) Nou le ek en kyk wat ek wil op die tv ens...hy speel darem nie elke Sondag nie, maar so 3 Sondae 'n maand.

Was by Fruit & Veg en dis 'm MALhuis! Het julle die special gesien wat hulle adverteer? Dis R100 vir:

7kg uie
7kg aartappels
7kg wortels
7kg gemsquash
7kg tamaties
7kg butternut

My tannie het gister vir haar gekoop. Dis 'n moerse baragin, dis nie vir ons nie, ons sal dit nie kan opeet voor dit vrot word nie, maar vir mense soos Ralmarie wat baie monde het om te voed, dink ek dis 'n bargain!! Of as jy plek het om dit te bere! Ons kombuis is net te klein!!!

My pa het nounet gebel en gese ek en Riley moet kom kuier, so ek sal gaan die middag daar wees :)

Ok, lekker daggie verder!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136618 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal! Ons het nog ñ suksesvolke kerkdiens agter die rug! En danksy my ringkussing kon ek die diens sonder pyn beleef! Dit was wonderlik! Gerne hoop jy het die St Anna geniet en lekker ontspan! Het jy al die St Claire gedrink? Dis net so lekker! En Robertson se wit en rosé ook! Hoe lus ek nou ñ glasie! Helene sterkte vir jou Lance-lose week! Dink ek sal lekker huil as Maré so lank so ver gaan kuier! Het gister sommer in trane uitgebars van geluk! Ek het nooit gedink hierdie klein mensie kan mens so laat voel nie! Ralmarie Maré se ent het lankal stukkend gegaan. Nou sit daar net so klein ronde knoppie. Ek het dit ook maar net gelos. Carmen lyk my jou man geniet sy golf vreeslik! Speel jy ook? Voel jy nie erg alleen as hy Sondae gaan golf speel nie? Ek is erg! Soek Sondae my man by my! Voel dis al dag wat familie deesdae saam het. Julle moet almal ñ lekker dag he! En kom post bietjie daai fotos!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136609 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Ralmarie, hehe, Rilet s'n het begin 'n geel knop maak en toe gaan staan ek en druk die ding :blush: :laugh: Wel nou i dit 'n roof :laugh:

Gerne, daarsy nou kan jy albei doen :kiss:

Het lekker gister by my oom hulle gekuier, was lekker om family weer te sien!

Manlief speel golf vanmiddag, so ons moet gou klaarmaak en Fruit & Veg toe gaan voor hy moet ry, hy speel in Benoni vandag.

Lekker daggie en loer nounou in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136594 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Ralmarie vra vir carmen oor die ent, sy het somme riley sin gedruk! Lol.

Julle DH en lance was vanmiddag gou winkel toe, toe val lance uit die trollie uit op sy kop. Shame my man het hom dood geskrik, ons het hom hospitaal toe gevat sodat die dr net kan kyk als is reg. Daars darem niks fout nie. Ek dink DH het net vrek groot gekrik. Dit was eintlik vir my snaaks en ek kon sien hy makeer niks, maar ek is maar saam dr toe, want anders sou DH nooit rus vir sy siel gekry het nie.

More gaan lance nog weg saam met my ouers ook. Ek dink ek gaan my dood verlang. Anina, dis nie net om die draai dat ek hom oor 2 dae kan gaan haal nie, ek sal maar net moet uithou!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136586 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo mensies

Helene, shame jy het hard probeer om daai foto te laai lol :)

Anina, ek sal daai nr waardeer, ekt al gehoor van n tannie anna wat ook n suster is en een van die meisies by die werk luister net wat sy se! Sy is blykbaar fantasties, dalk is dit dieselfde anna, en sy is nog hier naby my ook :)
Is dit C wat so bos blonde hare het? Daai 2 fotos lyk so anders?

Ralmarie R se inspuiting plek makeer nog niks so ek kan nie raad gee nie maar as ek jy is sal ek dit net los, hy gaan dalk nog perongeluk self pop.

Ahhh christa, M is lekker vettie wangetjies, ek love dit :)

Julle ekt vandag omtrent n 2stryd gehad. Ekt besluit okay ek gaan ophou bv, toe gee ek vir R nan en toe raak my boobs so vol toe pomp ek uit. En toe dink ek maar as ek kan uitpomp kan hy mos net sowel aan my drink :) (dis vir my baie moeilik om net bv te los). Ek dink ek kry skeidingsangs . LOL.

So ekt besluit om te bv en te nan, dis mos okay ne! Ekt vanaand klaar gepomp toe eet ek n chocolate :D en nou drink ek my st anna's!!! Sal maar more pump en dump anders sit ek met n moeilike kind. Maar vir nou is ek happy, R lyk happy want hy slaap lekker so dit gaan goed :)!

Lekker nwk verder almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #136582 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Ek het die Vrydag foto storie gemis op die posts. Lyk my ons moet fotos post. Sal net nou kyk vir een.

Ek wil gou hoor hoe lyk jul BCG ente? Ek weet dit groei en so, maar Andre sin lyk groot en gesweer en sleg en seer. Ek los dit net, maar dit lyk of hy gaan pop.

Enige raad?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account