More julle!
Sussie het mooi soet geslaap gisteraand, net een keer so 12 uur se kant wou sy nie weer slaap na 'n voeding nie, toe vat haar pappa haar en sus haar mooi aan die slaap. Hy is so oulik met haar! En na haar 4 uur voeding tel hy haar saam met hom in die bed en slaap saam met haar tot sy wekker 5 uur afgaan. Dis te cute om te sien hoe le hy met die ou klein lyfie in sy arms.
Elise, ek hou hom van Gluten af omdat ek 'n ernstige genetiese siekte het. Dit maak dat ek glad nie kan gluten eet nie, nooit nie. Ek gaan in 'n koma in as ek 'n broodkrummel eet. Die siekte werk so dat jy gebore word met die genetiese geneigtyd om dit te ontwikkel. As mens lank borsvoed (sonder om gluten te eet) dan verminder jy die kans dat die kind dit ontwikkel. Ook as jy hulle spysvertering kans gee om oordentlik te ontwikkel (tot ten minste 2 jaar) verminder jy ook die kans dat hulle dit ontwikkel. So ek hou hulle maar weg daarvan af vir 2 jaar en dan sal ons dit stadig en onder die pead se toesig in hul dieet in sit. Hopelik ontwikkel hulle dan nie celiacs nie en kan hulle vir die res van hul lewens gluten eet, nie soos ek wat vir altyd daarvan af moet bly nie. Ek "straf" eerder my kinders met die 2 jaar as wat hulle vir die res van hul lewens nie kan koek eet nie.
Maar in my huis sal hulle altyd min gluten inkry want ek eet dit nie, so niks wat ek kook het gluten in nie. Maar dit sal darem die lewe makliker maak as ek eendag vir skool vir hulle toebroodjies kan inpak in plaas daarvan om ander plannetjies te probeer maak.
Petro, ek sal maar so lank aanhou as wat ek kan, met 'n maksimum van 'n jaar. Ek het vir Stefan refluks en al vir 9 maande geborsvoed, toe is ek swanger en gatvol...
Christa, Qutie klink vir my reg. Shame toe is arme Mare op 'n trip. My kids maak so as ek vir hulle rescue gee. Hulle reageer regtig goed op die natuurlike meds, Stefan is nou 17 maande en het nog nooit antibiotika gehad nie. Dit is een keer vir hom voorgeskryf maar ek kon dit nie in sy lyf kry nie, en binne 'n dag was hy gesond sonder die antibiotika so ek wonder nou nog of dit regtig nodig was om dit voor te skryf...
Carmen, daai kwaai gesiggie is te cute! Jou fototjies is pragtig, mens kan sien jy geniet mamma wees!
Lekker dag almal!