file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #134521 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
anina jy moet dit net neer sit en se dit is terwille van my kids en het dit net gelos en nooit weer gevat nie en ek is baie bly daaroor want ek weet my kind asem nie daai stront in nie en my man rook ook glad nie. ek dink in n mate kan mens die goed probeer dit is nie te se dat jou kids alergies gaan wees vir enige iets nie maar ek verstaan dat jy die nie wil brobeer nie. hoekom hou jy vir s weg van gluten af as ek mag vra? al hoekom ek die yoghurt vir s gee is die feit dat sy daarvan hou en darem nog geen teken van alergie daaroor getoon nie en my ouma het altyd gese wat nie dood maak nie maak groot en dat mens hul n goeie boost gee as jy van klein af begin goed soos yoghurt en pap gee ek meen in die ou dae het hulle nie tot 6 maande gewag voor hulle hulle kids yoghurt en pap begin gee het nie so hoekom moet ons. sy geniet dit so ek geen haar elke middag n bietjie nou nie n hele bak nie maar net genoeg om haar daaraan gewoont te maak en dan wil ek volgende maand vir haar begin pap gee.

my man lief is amper hier dan is dit s se bad tyd en eet en dan moet ons bad en dan net rustig voor die tv op die bed

julle moet n lekker aand he hoop die babas gee julle darem bietjie rus kansie tussen die voedings.

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134493 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise, jy kan maar afgaan oor my gerook, ek haat dit self maar kry dit net nie reg om heeltemal op te hou nie. Ek voel alewig skuldig daaroor maar dan steek ek maar weer aan. Ek het opgehou toe ek vir S verwag het en weer begin toe hy so 6 weke oud was. Ek kan nou nog my gat skop dat ek weer begin het, dit maak dievolgende ophou net moeiliker.
S se yoghurt bekkie lyk te oulik, ek is te bang vir allergiee om so vroeg al suiwel vir hulle te gee. Ons familie was almal as kinders allergies vir suiwel en my sussie is nogsteeds. Dan is daar my koring allergie ook, so ek hou my arme kids weg van dit alles af vir solank as moontlik. Stefan was selfs vir NAN HA allergies... Hy het nou geen probleem met suiwel nie maar ek het eers op 'n jaar begin om dit vir hom te gee en eers net klein bietjies, een keer 'n week. Ek hou hom van Gluten af tot hy twee is.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134440 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
my yoghurt bekkie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134438 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
my yoghurt bekkie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134436 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle

ek sien dit gaan goed met almal

baie baie baie geluk aan die wat op gehou rook het, ek het darem al so 6jaar terug opgehou omadat andre nie gerook het nie dit is nou al amper 7 jaar sorry en ek is nog nie 1 dag spyt gewees daaroor nie nou as jy mense ruik wat rook dan ruik jy eintlik hoe dit stink. jammer vir die wat nog rook ek wil nie op iemand se tone trap of kwaad maak nie dit is net my opienie

julle ons het n lekker naweek gehad was gister oggend kerk toe en na kerk toe besluit ons dat ons nie by die huis wil bly nie en klim in die kar en gaan kuier by 1 van andre se vriende en daar kom ons eers na 8 by die huis maar dit was so lekker en die naweek het ons die expo ek hoop dat iemand anders ook gaan?

christa ons gaan al kerk toe vandat samantha 3 weke oud is so ek verstaan die borsvoed hoekie baie goed maar ons sin is baie klein en daar gaan sit nie sommer ander mamies nie want hul kids is al groot ek is die engiste 1 met n klein baba so ek het die borsvoed hoekie vir myself en as s kla gedrink het dan gaan ons weer terug in die kerk in

carmen my keiser rekening en s se extra nag in die hospitaal trek al by die R24500 ek hoop die rekening is nou al kla want n maand na die tyd kry jy nog rekeninge glo my dit is terrible

ek kon lekker huis skoon maak vanoggend s het te lekker geslaap toe het ek en sy gou gery en gaan melkies koop vir haar en vir my milk stout ek sien nog nie kans om dit te drink nie weet glad nie hoe dit proe nie en ek is maar vol viemies

ek gaan more oggend saam 1 van die september mammies koffie drink sy bly nie baie ver van my af nie ek sien nogals uit daarna ek moet net seker maak maar ek dink haar seuntjie is ook die 22 september selfde as Mare

julle my baby is al 9 weke oud vandag kan dit nie glo nie sy raak nou te pragtig ek wil haar op soen en druk die smiles en geselsies raak net meer en meer elke dag.

ek wil gou vir julle wat nog nie haar foto gesien het van die yoghurt eet post sy geniet tog so haar yoghurt in die middag saam mammie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134415 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen en Gerne, julle storm is nou hier by ons!! Dis heerlik, net jammer Stefan is vrek bang vir donderweer en lyk my Claudia ook. So ek en Paulina sit elkeen met 'n baba op die skoot. Claudia het vandag nog glad nie geslaap vir langer as 10 min nie. En Stefan het net 'n uur geslaap, hulle maak my moeg! Ek kan niks gedoen kry nie, dis hoekom ek net hier sit en met een hand tik.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134395 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
dankie vir die raad anina - dit help baie

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account