file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #134262 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
xander smile - ampertjies 5 weke oud

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134187 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Charlaine ons Pep het net Cuddlesome bottels. Is dit op hulle wat die Nuk tiete pas? Sien nerens Curity bottels nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134180 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Helene die druppeltjies is Dischem se maak. Dis ñ wit boksie met pers en groen op. Dit sê ook tissue salts en is by die ander make op die rak. Die blou botteltjie se pilletjies werk goed. Ek glo dis wat Anina fynmaak en in die mondjie smeer. Maré sin is van gister op en ek het vergeet om te koop. Hy gil weer vanmore van die krampe, toe gee ek van die koliekmengsel en nou is my seuntjie op ñ trip van die alkohol. Ek gaan sommer nou koop. Carmen ek dink dis bietjie suur puisietjies. Los dit net. Maré sin is so te sê weg. Petro Maré het 4 dae aanmekaar gedrink met 10minuut breke. Ek het nie geslaap of ge-eet nie. Gy het 1 byvoeding per dag gekry en daarna so 2 ure geslaap. Dk dink my melk was te min of te arm. My man het voorgestel ek dink mooi wat is die belangrikste: ñ gesonde mamma en baba of borsvoeding? Ek het 2 fotos van hom, die een 4 dae voor die formule en 1 ñ maand later. My seuntjie het soos ñ ondervoede Ethiopier baba gelyk. Ek huil nou nog elke keer asek die fotos sien! Anina sterkte vir Stefan met die 3 tande gelyk! Klink woes! Bly Claudia gee mamma bietjie ñ gap met die voedings! Sjoe jy klink soos ñ qefuks ekspert. Sterkte vir die wilskrag teen die rook!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134159 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal!

Ek is so besig met die twee kleintjies in die huis ek kry nie tyd vir moomie nie.

Stefan is besig om 3 tande op een slag te sny, so hy is nie regtig in 'n goeie mood nie. Die arme ding vat regtig lank om 'n tand deur te sny en dit maak hom baie baie seer. Dan moet hy ook nog gewoond raak aan sussie so dit gaan maar moeilik met hom. Hy kry sulke vieslike waterige tande doeke, maar jy ruik dit nie, en dan brand sy boud vreeslik as dit vir meer as 10 min aanbly. Ek is al lus om hom sonder 'n doek te laat rondhardloop maar sien ook nie kans vir die poef op die meubels nie...

Verder gaan dit nou baie beter by ons, sussie slaap beter in die aand en slaap actually in haar wiegie!!! Sy drink ook nou nie meer as elke 3 ure nie en nou en dan rek sy dit tot 4 ure, dan staan my arme borste soos klippe vir 'n uur.

Baie geluk met julle ophou rookery! Ek is die slegte mamma in die groepie wat nie die bad habit gekick kan kry nie. Julle is 'n inspirasie, miskien sal ek bietjie harder probeer. Ek het selfs deur my swangerskap nou en dan getrek aan die ou stokkies... Vieslik ek weet maar dis 'n lelike verslawing.

Helene, jy het gevra oor die refluks. My sussie is eintlik nogal 'n ekspert na haar tweeling erg refluks gehad het agv geboorte trauma. Ek stem saam met jou, moenie siektes en skete gaan soek waar dit nie is nie. As die kind goed drink en gewig optel en nie na elke ete huil nie is dit mos nie nodig vir medikasie nie.

Hier is 'n paar goedjies wat ek by my sus geleer het:
'n Seuntjie is meer geneig tot refluks omdat hul sluk refleks later in die baarmoeder ontwikkel as 'n dogtertjie sin.
Babas wat voor 39 weke gebore is is ook meer geneig tot refluks. Soveel so dat hulle deesdae by Pta Oos Netcare nie meer geskeduleerde keisers doen op seuntjies voor 39 weke nie.
Baba hoef nie op te gooi na etes om refluks te he nie, partymaal stoot die suur net op in hulle keeltjies in sonder om uit te kom en dit brand soos vuur, nes sooibrand vir ons is.
Babas met refluks sal gewoonlik gulsig drink vir so 'n paar slukkies en dan skielik hul koppies weg draai en weier om verder te drink al is hulle nog vrek honger. As jy vir baba laat regop sit terwyl hy drink, behoort dit bietjie langer te vat voor hy refluks en die bors weier.
Telament koliek druppels voor, gedurende en na die voeding help, baba gaviscon help ook.
Hulle kan actually toets hoeveel 'n kind refluks opstoot maar ek dink dit word onder verdowing gedoen so los dit vir 'n laaste opsie.
Meeste kids ontwikkel eers refluks op 10 weke of so, die wat dit van die begin af het is gewoonlik omdat daar 'n besering was gedurende geboorte. ( my sus se seuntjie was al in die geboorte kanaal toe hulle haar sny vir die keiser, hulle moes hom uit trek en het sy slukderm beskadig.)
Hy het soos 'n boog agteroor getrek as hy iets gedrink het, dit was DUIDELIK dat die kind in ernstige pyn is, maak ook nie saak wat hy gedrink het nie, die reaksie was baie erg.

As jy regtig dink hy het refluks, hou hom regop en gee vir hom telament en nr 10 tissue sout is ook 'n suur neutraliseerder. Sterte en moenie na die ou tannie se stront luister nie, jy is mos die mamma en sal weet as daar iets verkeerd is!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134158 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

hoe gaan dit met almal ? dit ok reeds hond warm hier by ons - ek het maar die aircons aangesit !!

boeta was bietjie moeilik oor die naweek maar nou is hy weer sy ou self - slaap nou vir die dood

christa - hoekom het jy nou weer oorgegaan na formule melk - ek kan nie meer onthou nie ?

Xander drink min aan my maar as ek die melk in 'n bottel gooi drink hy soos 'n vis - ek glo nie hy kry die agterste melk in as hy aan my drink nie - want hy slaap dan nie so lekker nie

Natuurlik kry hy in die aand een bottel NAN 10 uur en dan slaap hy tot 2:45 - so dis heerlik !!!

lekker week julle !!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134144 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Het gisteraand sommer bietjie sushi gekoop by die plek hier by ons! Njammie, dit was net die BESTE! Ek luv sushi :silly:

Nie veel nuus hier nie, Riley le nou en probeer aan die slaap raak, dan gaan ek probeer om bietjie te slaap!

Sy kry die laaste paar daggies sulke fyn knoppietjies op haar wange, dis nie baie nie, maar dit was nie voorheen daar nie, dis ook net op die wange. Dis ook nie baoe rooi nie? Wat is dit, ek los dit maar net, is dit suur of iets?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134111 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons ht 'n heerlike koel mistige oggend by die see!

Christa, dis darem waar kinders vervul jou lewe vreeslik! Daai tissue salt drupppels wat jy het, watter maak is dit en wat staan op botteltjie?. Ek kry net die pilletjies, soek ook druppels.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account