file Oktober mammies 2010

15 years 10 months ago #134384 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
GENUGTIG, maar dit het nou hier by ons gestorm!! :blink: :blink:

Daar het nou tonne water neergeval, heerlik vir die grassies!!

Riley bring so nou en dan melkies op, maar dit lyk nie asof dit haar pla nie, dit loop sommer net uit en dan soek sy nog...

Sy slaap nou juis hier langs my...

Die rekeninge vir die keiser begin nou inkom en ek sien dat die hospitaal rekening R22 000 is, mense dis darem maar duur, en dankie tog vir medies :) En dis net vir die hospitaal, die gynae se rekening moet nog bykom, die narkotiseer was R 1900, die pediater was R1300, en wat nog alles seker moet kom?? Eish, ek weet nie hoe mense dit uit hulle sakke betaal one shot nie??

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134372 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro, terwyl jy bi dischem is, kry vir jou nestragel, ek weet nie of dit by die melk is en of jy daarvoor moet vra nie, ek dink ek het dit al by die melk gesien. Dan melk jy uit en gooi dit in die bottel, dit maak die melk dikker dan stoot die suur nie op nie. Dan kyk jy of dit 'n verskil maak aan sy voedings. As dit 'n verskil maak kan ek jou wed dis refluks wat maak dat hy moeilik drink. Maak net seker jou bottel se tiet se gat is groot genoeg vir die dik melk, NUK bottels (dis al wat ek ken...) se tiete het verskillende size gaatjies in, so jy moet die pakkies mooi lees. Jy hoef nie 'n size 2 tiet te koop vir 'n groter gat nie. Ek dink tommy tippee het ook verskillende grote gaatjies vir tiete. My sus gebruik pigeon, hulle standaard tiet is groot genoeg vir die dik melk.

Stefan het die soort refluks gehad waar die melk nie opgekom het nie, hy het eers later begin opgooi, hier op 6 maande. Hy gooi nou nog op as hy dun melk gedrink het soos bokmelk of borsmelk of yogi sip ipv gewone yoghurt geeet het. Maar hy het van so 10 weke af die bors volstrek geweier. Ek het toe begin om vir hom 'n teelepel pap te gee voor elke voeding, dan maak dit die melkies in die magie dikker dan kan hy meer gedrink kry. Maar dis hel om so te borsvoed, as ek nie so bang was vir allergiee nie het ek wraggies opgehou!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134362 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hey julle, my foon wil nou weer nie vir my al die posts en fotos wys nie. Sal kyk of ek nou nou op my rekenaar kan ingaan.

Ons het n goeie nag gehad, R het weer 1ste stretch goed geslaap en toe van 4uur af tot so 6uur konstant gesuig. Gelukkig het ek verder geslaap so ek is okay!

Dit het nou skielik hier begin hard reen, die weer is swaar en dis donker - so lekker

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134353 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
dankie christa - ek gaan bietjie woensdag by dischem kry -want Xander kry defnitief ook krampies - hy slaap nie vir my rustig genoeg nie

helene - ek wonder ook erg of xander refluks het - het jy geweet mens kry iets soos silent refluks - dis soos anina se daar kom nie gewoonlik melk op nie - maar daar is nogsteeds die bran sensasie soos met sooibrand.

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134315 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro, daai smile is te oulik!!!

Ek het nie geweet mens kry tissue soute druppeltjies nie! Ek het altyd dischem se boksies gesien maar dit nooit opgetel nie. Ek gebruik die Natura pilletjies, dis die pers botteltjies. Maar ek dink vir nou werk die pilletjies vir my beter omdat sy borsvoed so ek kan nie die druppels in die melk ingooi nie... Moet ook nog 'n dinky feeder gaan kry, dan kan ek dalk druppels oorweeg.

Christa, watse koliek mengsel het jy vir M gegee wat soveel alkohol inhet? Telament krampwater is alkohol vry, maar die ander soorte het wel alkohol in.

Helene, ek wou nog se, om winde uit te vryf kan die refluks erger maak. Want elke keer as 'n wind opkom, kom daar suur saam. Jy kan probeer om net vir S te laat regop sit met sy beentjies onder hom ingevou en as daar dan 'n wind uitkom gee vir hom telament druppels op sy dummy direk na die wind. Jy kan ook behoedmiddel gee voor voedings om te probeer om die winde te laat AF gaan in plaas daarvan dat hulle opkom. Die lennons behoedmiddel werk blykbaar goed, dit het 6.48% alkohol in, so besluit maar self of dit die moeite werd is vir jou. Mens gee darem bitter min op 'n slag so dis nie asof jy 'n bier uitdrink nie...

Christa, ek wil jou weereens gelukwens met jou besluit om te doen wat die beste is vir jou baba! Mens se melk kan nie voedsaam genoeg wees as jy so aanhoudend voed nie. Jou liggaam het mos nou tyd en kos en energie nodig om oordentlike melk te maak, as jy heeltyd voed dan is dit net water! En nou het jy 'n gelukkige gesonde seuntjie met 'n mamma wat in staat is daartoe om vir hom liefde te gee.
Eks bly julle het julle kerk ervaring geniet. Ek het ook altyd met Stefan binne in die kerk gaan sit, die moederskamer is so aaklig. Maar deesdae hardloop hy buite rond (ons het speakers buite so ek mis nie die diens nie) en ons is omtrent 10 paartjies met kleingoed wat buite sit en preek luister. Dis eintlik heerlik. Deesdae sal pappa seker maar buite sit terwyl ek binne in die borsvoed hoekie sit totdat sussie bietjie groter is...

Ek het nog nooit van Curity bottels gehoor nie, maar ek weet Checkers verkoop blykbaar 'n goedkoop BPA vry bottel waarop die NUK tiete pas. Ek het daarvan gelees op 'n ander thread lank terug, so ek het geen idee wat dit genoem word of hoe dit lyk nie. Ek het gelukkig so baie NUK bottels, dat ek net aangaan...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134303 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro Marè kry no 8 vir krampe, no 6 vir rustigheid en so aan en no 9 vir hardlywigheid. Ek gee sommer die pilletjies omdat ek dit in sy melk oplos. Ek weet Anina druk die pilletjies fyn en smeer dit in haar kinders se mondjies. Maré kry sommer met elke tietie, so dis 6 keer per dag. Dan kry hy ook Biostrath stroop vir babas om sy gestel teen siektes op te bou. En ek gee al hierdie goed van geboorte af.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134268 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
watse nommer druppeltjies koop jy christa ? ek gaan woensdag dischem toe en wil ook koop

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account