More more
Voel goed vanoggend, net bietjie brandpyn op die wond. R drink nou, h maak darem sy mondjie al bietjie groter oop so die latching gaan beter.
Ek moet julle eers vertel: ons het gister vir H aan R voorgestel en was dit nou die mooiste ding ooit! Gelukkig het FIL alles op kamera vasgevang. Toe hy hom sien in die mandjie toe smile hy so breed maar dis meer n verliefde smile! Hy wil toe net inklim toe sit DH vir H op die bed en haal vir R uit. H skree toe "ta ta ta ta" en hou sy arms uit na R. DH het R op sy skoot neergesit maar het H eers my hand weggestamp en gese "los" en toe vir DH. Hy het hom toe maar tussen H se bene laat le en H het hom toe in stilte oopgemaak, bekyk, bevat en beloer en toe hom gevryf oor sy hele lyfie en sy koppie en gesoen

. Mens kon sien hy weet dis sy boetie en nie net n baba nie
Dit was regtig een van die mooiste oomblikke ooit. Ek gaan my hande vol he met hom om sy boetie uit te los.
Anina, hoe voel j vandag?
Carmen, jy geslaap gisternag?
Helene, sterkte met L, klink my hulle word monstertjies as die 2de een eers daar is. Sterkte ons moet maar mekaar bystaan

Die fisio kom vandag my sny laser, hulle het vergeet om gister te se dat hul by my uitkom so ek sal vandag n kaartjie kry. Ekt net so feeling my medies wat die fisio dek is uitgeput, sal maar net hoor.
Ek kan nie wag om huis toe te gaan en my lewe met die nuwe 4-tal te begin nie!
Oja, Luke was gister weer vet toe - hoenderbeen het in sy holiday vasgesteek - R400 later en n goeie raas van die vet af toe is hy beter