file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #127912 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Ek sukkel so om in te kom in my internet. (Het nog nie verander va provider nie.) En met die swaar weer wat ons nou kry maak dit dit net erger.

Gerne, dink aan jou - al gaan jy seker die post eers lees as jy klaar gekraam het.

Anina, tyd raak nou min....

WEL met die pap storie, Ludwig het eers op 18 maande begin met pap en so eet. (Voor dit het hy niks behalwe borsmelk gekry nie) En hy was rond so vet was hy.
Suzaan het weer op 2 maande begin. Elke kind verskil. En alhoewel ek ook glo later is beter het ek met Suzaan gesien party kinders WIL vroer eet. Die ander twee het om en by 4 maande begin eet.

En nou gaan ek 'n pic van ons vulletjie post.
( Gerne ek dink jy het gevra, dis ons eie merrie wat gevul het.)

Anina, dalk kan jy my help, van wanneer af begin die vulletjie iets eet? Oe ons is dom met dit. Ons vryf hom maar elke dag dat hy gewoond word daaraan.

Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127890 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle! Lekker Anina! Sterkte en geniet dit! Klink of die hypno soos ñ droom werk! Kan nie wag om julle klein poppie te sien nie! Ja Elise, hulle groei nou te vinnig! Kan julle glo Ruben is net 2cm korter as wat Maré op 6wke gemeet het?! En 100g swaarder as wat hy op 4wke was! Geen wonder Gerne was so op nie! Ai Carmen jy sal moet dr toe! Dalk kan hy jou vir pyn spuit. Dit kan nie maklik wees om ñ baba te versorg en self soveel pyn te he nie! Sterkte vir jou! Lekker dag almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127883 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
more girls

carmen gaan maar eerder dr toe dat hulle vir jou help met daai arm jong dit kan nie lekker wees nie so sterkte

gerne ons almal verstaan maar te goed oor die afskeep ons almal het dit gedoen toe ons klein goed gebore is so relax rus en geniet vir r. hy is pragtig en genugtig hy is groot ook maar goed hy het nie die gewone pad gekies nie ne

jipeeeeeeeeeeeeeeeeeee vir anina ek hoop dinge gaan gou dan is al ons ou babakies gebore en ek ons net updated bly met mekaar oor hulle vordering

christa ek kan nie glo hulle is al 6weke nie dit voel soos gister wat ons nog gewag het om hulle vir die 1ste keer te sien en hier groei hulle nou so vinnig

o ja manlief het gese ons kan baby expo toe gaan die 26ste so ek hoop om van julle daar te ontmoet dit sal great wees

wwel moet gou vir manlief koffie maak chat nou nou

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127881 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!
Jip, dit is uiteindelik sulke tyd! Ek le lekker en sweets eet hier. My kpntraksies het sterk gewys op die monitor maar ek voel dit skaars. Dis amazing! Ek is sooooo opgewonde! Sal julle op hoogte hou tot ek in my diep ontspanning ingaan dan sal my man oorneem met die updates na Deja toe. Lekker Saterdag almal.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127880 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, het lysie vir jou gemail :-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127879 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Ag, ek huil sommer, ek het niks geslaap nie, wakker gesit heelnag met pyn in my arm wat nie wil weggaan nie....ek is sooooooo gatvol, ek voel asof ek van my kop af wil gaan :( Ek sal maar weer dr. moet gaan of hospitaal toe, maar so kan ek nie aangaan nie, maar ek weet nie eintlik wat hulle vir my gaan doen nie...

So Anina is in kraam :woohoo: :woohoo:

So vandag gaan ons klein Claudia ontmoet!!!!

Gerne, weereens geluk met Ruben, hy is ons grootse en langste baba!!

Baai

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127878 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne ons is almal so bly vir jou! Hy is pragtig! Baie geluk aan jou, pappa en ouboet Henko! Kom vertel later hoe jy die keiser gevind het! Hoop jy rus darem ook bietjie! Geniet hom! Anina sterkte ons ou bittereinder! Ons wag saam met jou! Janine Ilse is pragtig met haar bos haartjies! Geniet haar! Petro jy is reg oor die pediater besoeke op 6wke. Soos Elise noem ons kleingoed is sowaar al 6wke oud! Ek stem saam elke kind sal verskil wat die pap betref. Carmen dankie vir die lysie! Kan ek ñ guns vra? Kan jy dit dalk vir my email na dutoit.pgm@gmail.com? My foon en ons pc veg nog met mekaar! Nou ja, hoop julle is almal lekker in droomland! Maré het pas klaar gedrink so dis terug bed toe vir ons! Lekker slapies!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account