Lyk my ek is maar die bitter einder... maar my due date was ook die laatste van almal sin so dis mos hoe dit moet wees. Die nov mammas het my verby gevat, daar is al 3 babas en ek loop nog.
Hier is steeds geen aksie nie, ek dink ek gaan soos my ma wees. Sy het geen BH gekry nie, geen kontraksies nie, net 'n show. Al haar kids (behalwe ek) is met 2 kontraksies gebore. So ek dink ons sal maar tassies reg hou en vir baba by die huis of in die kar vang as dit nodig is.
My heupe het defnitief verder uitmekaar begin draai, ek kan nie meer my kniee teen mekaar sit nie, as ek dit dwing voel dit of ek vir 3 ure perd gery het. My man spot my lekker, hy se ek loop soos John Wayne! Dit maak loop en Stefan optel maar swaar, maar dis deel van die package. Ten minste is vandag my due date so ek weet dit moet nou een of ander tyd gebeur, dr se dit raak van 41 weke af voordelig om te induseer, so ek het max nog 'n week oor! Dit beteken dat vlg week die tyd sal ek my baba vashou of besig wees om te kraam.
Janine, Ilse is pragtig en die haartjies is te oulik. Ons het op die sonar gesien Claudia het ook baie hare, so ek vat sommer knippies saam hospitaal toe vir die pret. Ek gaan lekker pop speel met hierdie dogtertjie!
Carmen, ek hoop jou arm en skouer voel al beter.
Ralmarie, die vul behoort so van 'n maand af te begin kou aan grassies, maar julle hoef hom glad nie kos te gee nie, hy kry genoeg melkies in. Op 6 maande kan julle hom begin speen as julle wil teen daai tyd behoort hy al saam met sy ma bietjie kos uit haar bak te eet, moet dit net nie na 9 maande los nie. Ek praat sommer van hy, maar is dit 'n hingsvul of 'n merrie? Dit is goed as julle hom baie vryf, hy moet gewoond raak aan mens kontak. Sit sommer 'n vulletjie halter aan hom met tye en loop so bietjie langs hom (saam met die mamma) sodat hy van vroeg af leer om 'n halter te neem. Passop net vir stoute gewoontes. Hulle is baie oulik as hulle klein is, maar 'n jaar oud hings wat jou byt of teen jou opspring is nie meer 'n grappie nie... Ek is seker die kids geniet hom gate uit en dis so nice as hy van vroeg af baie aandag kry en leer om mense te aanvaar, dit maak die "inbreek" baie makliker.
Lekker aand almal, sal nou nou kom kyk hoe dit met Gerne gaan. Bid bietjie dat vannaand die aand is, net my sus se skoonma verjaar more so dis nie direkte familie nie.