file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #127404 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Elise, ek kan eintlik nie glo 'n pediater stel voor dat 'n baba op 3 maande al ryspap kry nie. Veral nie as sy so mooi groei. 'n Baba se spysvertering is eintlik eers op 4 maande reg om vaste kos te hanteer, 'n borsvoed baba hoef eers op 6 maande eintlik te begin vaste kos eet, tot dan verskaf borsmelk alles wat hulle nodig het.
Maar dis maar net my opinie, mense verskil.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127397 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro, Gerne se storie is op 'n aparte thread op die forum. Sy post so elke nou en dan. Klink of dit goed gaan maar sy het nog nie regtig kontraksies nie.

Steeds niks hier nie... gaan nou maar bietjie slaap.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127349 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

My ma hulle is vanoggend weer terug huis toe - sad aan die een kant , maar ook bly aan die anderkant - hulle het heeltyd vir Xander vasgehou ens so ek het uiteindelik my baba vir myself - seker hy het amper vergeet wie sy regte mamma is.

dis heerlike weer in die noordkaap vanoggend. Ons gaan more oggend vir xander se newborn fotosessie !! kan nie wag om die ou klein lyfie se mooi fotos te sien nie

gaan goed verder met ons - hy weeg ampertjies 3 kg - so hy groei stadig maar seker - slaap nogsteeds vrek baie en drink nogsteeds vrek stadig !! suigrefleks nogsteeds nie so sterk nie - ek weet nie hoe Riley sommer 100ml verslind nie Carmen - my ou Xander drink partymal net 65ml dan is hy moeg gesuig en wil net slaap.

anina - hou ons asb op hoogte as daar iets gebeur

waar kan ek gerne se storie volg - het julle al enige nuus van haar ? OOO gernetjie ons dink so aan jou !!!

ok julle lekker dag

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127327 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

gerne sterkte daar hoop dinge verloop vinnig vir jou en dat als goed sal afloop

sjoe julle ons het n lekker dag gehad gister mnlief het die dag af gevat ons het lekker laat gele en toe bel die pediater en skuif ons afspraak n uur vroer ai ons het als so mooi beplan want n afspraak van net n uur later as haar afspraak nou sit ons met n hele uur tussen in toe ons kla is by die pediater se my man hy stick my vir lunch en n milkshake voor die gyni afspraak dit was so lekker. wel pediater se s is 100% niks fout nie sy doen baie goed. s weeg nou 4.65kg en is 56cm lank hy se ons kan van 3 maande af begin rys pap vir haar gee dit maak hulle net sterker as hulle vroeg begin pap eet. by die gyni het sy n pap smear gedoen oe dit is aaklig het glad nie daarvan gehou nie sy se die uitslae vat so week as ek niks van haar hoor nie weet ek daar is geen probleme nie en sy het n sonar gedoen darem nie weer swanger nie sjoe en als het mooi terug getrek en terug in plek in. toe vra sy wanneer beplan ons nr 2 en manlief het so ruk terug vir my gese hy soek net 1 kins maar gister toe sy hy vir haar nie te ver down the line nie s moet net eers bietjie groter word toe vra sy wat ons vir voorbehoeding gaan gebruik toe se sy want ek kan nie op die pil gaan nie dit gaan my melk op droog ek kan die mini pil vat maar dit werk nie met almal nie sy sal die inspuiting voorstel dit werk met 85% van vrouens en is blykbaar baie goed en sal nie jou fertility belemmer vir nr 2 nie at least ek hoop nie so nie weet enige van julle of dit moeilikeid kan maak vir nr 2? sy se ons kan kondome gebruik maar ek staan n 25% kans mooi baie gou weer swanger te raak. so as julle dink die inspuiting is nie te sleg nie gaan ek hom sommer vanmiddag saam met s se inspuiting laat doen? o ja en sy het vir my n pil gegee vir my melk ook kan nou nie die naam onthou nie en die voorskrif is in my kan so ek sal dit ook kry hoop dit werk

ek is so moeg vanoogend s het gister na bad tyd besluit sy gaan slaap en toe word sy eers 00h00 gister aand wakker en van daar af is ons nog heeltyd wakker en nou le die klein merrie en slaap.

Janine bly als het so goed verloop vir jou jy moet gou vir ons jou storie kom vertel en vir ons n fototjie kom wys

lekker daggie vir julle gerne ons wag om van jou te hoor loviesxxx

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127292 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Janine, ek is so bly alles het so goed afgeloop, kannie wag vir jou storie nie!!! En natuurlik 'n ou fototjie van Ilse.... ;)

Wat was Ilse se lengte, wil net my lysie opdateer?

Gerne, ons staan saam jou elke stappie vandag!!! Ek gaan my bes probeer om soveel as moontlik in te loer en te sien wat gebeur!

Bly dit gaan goed met Annalize!

Dankie Anina, ag ek gaan my arm net afsny vandag, dis al wat gaan help! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127286 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Steeds niks hier nie, my niggie het ook darem nog nie gekraam nie. Haar man kon toe nie gister betyds van die oil rig af kom om SA toe te vlieg nie so hy land nou more oggend half 8. Sy moet maar nog bietjie knyp...

Sterkte Gerne! Ek dink aan jou!!

Hier gebeur nou regtig niks nie, ek wens daar wil net 'n BH kontraksie of iets kom, maar niks. Vandag is 40 weke. Hoop nie dit vat nog lank nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127270 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne dink vreeslik aan jou! Het al gewens Ruben wil op ñ onmoontlike tyd in die nag besluit net om jou dr ñ wake up call te gee! Hoekom het hy dr geword as hy net kantoor ure wil werk?! Sterkte! Hoop Ruben maak vinnig sy verskyning! ;-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account